Man ontsnap uit PE-landdroshof

Argieffoto

Argieffoto

Die Oos-Kaapse polisie se soektog duur voort na ʼn man wat uit wettige aanhouding by die Port Elizabeth-landdroshof ontsnap het.

Dit is nog nie duidelik of die man van Port Elizabeth is nie, aangesien hy ʼn valse identiteitsnommer vir beamptes gegee het met ʼn adres in Kaapstad.

Die man is verlede week Donderdag in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en hy sou Vrydag vir die eerste keer in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn. Volgens bronne was daar egter verwarring toe die hofordonnanse besef het dat hy eenvoudig verdwyn het voor sy eerste verskyning.

Sommige ooggetuies het gesê hulle het die man in die beskuldigdebank sien staan, maar die volgende oomblik het hy verdwyn. Videomateriaal wys die man het eenvoudig uit die hofsaal gestap en die gebou verlaat.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê die polisie se ondersoek duur voort. Sy het gesê alhoewel die verdagte in die hof ingebring is, is geen klag nog teen hom gebring nie en sy naam kan dus nie bekend gemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hendrikb ·

die man het nie ontvlug nie. hy het net eenvoudig uit gestap.

Johann ·

Niemand is so blind as hy wie met ‘n paar rand omkoopgeld sit nie

Jannie ·

Verplig elkeen om sy id by hom te dra soos die pasboek in die ou dae. In Amerika is dit verpligtend. Sal baie probleme en onwettige immigrante uitskakel. As die SAPD dan net hulle werk doen.

Christa ·

Ek hoop die gemeenskap werk saam met die polisie soos in die berig waarin die 8 skurke vasgevat is, sodat hierdie misdadiger ook weer aangekeer kan word.

Scalla ·

Net weer n bewys dat die hof amptenare nie bevoeg/laks is. Kla die verantwoordelike pesone aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.