Man ontvoer eksmeisie, hou haar gyselaar voor hy haar vermoor

Argieffoto: Phillip Bruwer

Die polisie in Limpopo het sy kommer oor toenemende moorde en aanrandingsake in dié provinsie uitgespreek.

Dit volg nadat die ontvoering en moord van ʼn 27-jarige vrou van die Ga-Legodi-nedersetting naby Polokwane skokgolwe deur dié dorp gestuur het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê ʼn middeljarige man van die Senwabarwana-omgewing het glo vandeesweek sy eksmeisie ontvoer, haar gyselaar gehou en haar toe doodgeskiet.

Volgens Ngoepe het die polisie ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur waarna hulle op die man toegeslaan het.

“Voordat die polisie die verdagte in hegtenis kon neem, het hy homself geskiet. Die man is na ʼn hospitaal geneem waar hy tans in ʼn kritieke toestand is. Hy is ook onder polisiebewaking,” het hy gesê.

Geen motief vir die moord is in dié stadium bekend nie. Die man sal na verwagting in die hof verskyn wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

G ·

‘Hy is na die hospitaal geneem’. Hoekom? Onskuldige mense sterf die heeltyd omdat moordenaars net weer vrygelaat word. So los die gemors as hy homself in elk geval geskiet het omdat hy ‘n te groot lafaard is om die nagevolge van sy aksies te kan hanteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.