Man ontwapen, skiet twee polisiebeamptes

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Twee beamptes van die Leslie-polisie in Mpumalanga is Dinsdagoggend glo deur ʼn aggressiewe man oorweldig en geskiet toe die beamptes ʼn beskermingsbevel op hom wou beteken.

Brig. Selvy Mohlahla, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die twee beamptes was by die verdagte se huis in Lebohang, uitbreiding 18, toe die verdagte aggressief geraak en een van die beamptes oorweldig, ontwapen en in die been geskiet het.

“Sy kollega het tussenbeide probeer tree en is in die proses ook ontwapen en in die been geskiet,” het Mohlahla gesê.

Die eerste beampte wat geskiet is, het tydens ʼn struweling die vuurwapen teruggekry en die man in sy bors geskiet. Al drie mans is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Karma ·

Jaaa …. ek sien al weer Maroela Media se kommentators: onopgeleide, oneffektiewe polisie manne …. onbetroubaar, korrup …. bla-bla-bla.

Theresa B ·

Goeie genade – hulle het nie vir die man ‘n geskenkbewys gaan gee nie. Waar is die paraatheid. Kom net by mense……………………

Jef ·

Ek dink die mense kry geen behoorlike polisie opleiding nie en hoe kan hulle beamptes genoem word, hulle gee n slegte naam vir die polisie-orde in SA dis absoluut patetiese optrede.
Gaan terug polisie skool toe en leer om n goeie opgeleide polisieman te word.

E ·

Dinge raak nou so erg, die polisie moet maar in die vervolg met gepanserde wa, bulletproof klere en groter getalle gaan arresteer. Kry hul eintlik jammer want dis hul brood en botter en wie se of hul vanaand by vrou en kinders gaan wees. Dit gaan erg.

Malva ·

Kan net die kop skud…’three stooges’ kom onwillekeurig by my op.

? ·

Klink vir my daar is n slang in die gras. Wonder of hulle hom geskiet het en toe goeie verskooning vir die daad moes op kits.

Bok ·

Daar is baie goeie en eerlike polisie lede en baie onopgeleide en oorgewig en vas aan die slaap lede. Ek se net dankie vir daai klompie wat regtig hulle werk doen om hul medemens en ook ons land te beskerm. #polisienievirmynie.

Sarel Strydom ·

Stem saam met Karma. Kommentaar altyd eerste negatief. Die tweede man moes summier geskiet het om hom en sy kollega se lewe te beskerm, maar dan sou hy waarskynlik vir moord aangekla gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.