Man oorhandig ledemate aan polisie; 5 vas

Argieffoto: SAPD

ʼn Skokvoorval het hom verlede week by die Estcourt-polisiestasie in KwaZulu-Natal afgespeel toe ʼn man ingestap en aan polisiebeamptes gesê het hy “is moeg om mensvleis te eet”.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê toe beamptes hom ondervra, het hy glo ʼn deel van ʼn mens se been en ʼn hand te voorskyn gebring. Die man is in hegtenis geneem.

Hoewel van die verdagtes se name in die media bekend gemaak is, het Mbhele gesê die polisie is opdrag gegee om dit nie aan die publiek bekend te maak nie. “Ons is op soek na nog verdagtes, daarom kan ons nie nou al die name bekend maak nie,” het Mbhele verduidelik.

Nog drie verdagtes is die afgelope naweek in hegtenis geneem en het saam met die eerste verdagte Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn. ʼn Vyfde verdagte is vroeër vandeesweek in hegtenis geneem en het Woensdag in die hof verskyn.

Die aanklagte teen die verdagtes sluit moord en sameswering om moord te pleeg in. Volgens Mbhele sal aanklagte van die besit van menslike oorskot moontlik bygevoeg kan word as die polisie se ondersoek afgehandel word.

Een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is, is ʼn tradisionele geneser. Volgens mediaberigte is die mensvleis glo in opdrag van hom geëet. Mbhele kon dit egter nie bevestig nie.

Sy het wel gesê een van die verdagtes was uit op parool. Mbhele kon ook nie berigte bevestig dat die deel van die been en hand wat aan die polisie oorhandig is dié van Zanele Hlatshwayo (25) is nie. Hlatshwayo is volgens die berigte verkrag en vermoor en toe geëet. “Wat ek wel kan bevestig, is dat daar DNS-monsters [van die ledemate] geneem is en dit vir DNS-toetse gestuur is.”

Mbhele het gesê berigte dat meer as 300 mense van die Estcourt-gemeenskap glo gereeld mensvleis eet, is nie waar nie.

Die vyf verdagtes sal weer Maandag in die hof verskyn.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andrea ·

Liewe Vader, red ons van die barbarisme waarin ons mooi land verval.

aMperVenter ·

Hoekom nou eers hieroor berig? Dit was al Maandag op die radio? Maar dit bly nogsteeds amper te vreemd om waar te wees, amper soos iets uit ‘n movie!

fm ·

En dan het die leier van die BLF hierdie week die volgende gesê (news24) oor die geskiedenis van die beskawing in Afrika: Hy sê Afrika het al Universiteite gehad en was al beskaafd terwyl die mense van Europa nog kaal kaal rond gehardloop het en mekaar oor die kop geslaan het met knuppels en rou vis verskeur en verslind het. Maar hy meld nie dat in 2017 mense in Afrika mekaar eet soos die geval in KZN.

Swannie ·

Dit was nou vingerlek lekker !

Of

Was dit nou `n doodgewone vingerete ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.