Man oorleef 8 m-val

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Konstruksiewerker het Vrydag ernstige beserings opgedoen nadat hy agt meter ver geval het by ʼn perseel in Ormonde, suid van Johannesburg.

“Paramedici het omstreeks 08:30 by die toneel in Data-singel opgedaag,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Hy het op die grond langs steierwerk gelê en verskeie van sy kollegas het om hom gestaan.”

Die man het verskeie beserings opgedoen en hy was in ʼn ernstige toestand. “Hy is na Baragwanath-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Jan maak n plan ·

Waar was die “SHE” bestuurder. Hoekom was die werker nie in n harnas nie.

Janine ·

Was presies my eerste gedagte. Daar’s tog ‘n rede hoekom jy ‘safety gear’ moet dra, en om sonder ‘n harnas te klim, is verby vertraag. Hy moet tog ‘n klim sertifikaat ook hê.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.