ʼn Konstruksiewerker het Vrydag ernstige beserings opgedoen nadat hy agt meter ver geval het by ʼn perseel in Ormonde, suid van Johannesburg.
“Paramedici het omstreeks 08:30 by die toneel in Data-singel opgedaag,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Hy het op die grond langs steierwerk gelê en verskeie van sy kollegas het om hom gestaan.”
Die man het verskeie beserings opgedoen en hy was in ʼn ernstige toestand. “Hy is na Baragwanath-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Waar was die “SHE” bestuurder. Hoekom was die werker nie in n harnas nie.