Man oorleef gru-ongeluk

Die motor se dak is heeltemal afgeruk (Foto: Verskaf)

ʼn 60-jarige man het Dinsdagmiddag wonderbaarlik oorleef nadat sy motor teen ʼn stilstaande vragmotor vasgery het.

Die ongeluk het net voor 13:26 op die N3 net voor die Pavilion-afrit in Pinetown, Durban, plaasgevind.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die man het ernstige beserings opgedoen nadat hy met sy wit Renault Sandero die agterkant van die vragmotor getref het.

Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die opgefrommelde motorwrak teen die vragmotor aangetref. Die motor se dak was heeltemal afgeruk.

Die bejaarde in die motor het wonderbaarlik oorleef (Foto: Verskaf)

“Een van ons reddingstegnici het hidrouliese gereedskap gebruik om die man – wat in die wrak vasgesit het – te bevry. Paramedici het gevorderde lewensondersteunende toerusting gebruik om die erg beseerde man te behandel,” het Herbst gesê.

Nadat paramedici die man gestabiliseer het, is hy per helikopter na ʼn gespesialiseerde eenheid vir verdere mediese behandeling vervoer.

Volgens die Durbanse verkeersdienste is ʼn gedeelte van die N3 daarna vir verkeer gesluit, maar omstreeks 15:32 weer vir verkeer oopgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mariana ·

Lieven Loven maar hy was gelukkig. As mens die motor kyk…..baie gelukkig

Kobus ·

Vragmotor bestuurders is te lui om waarskuwings tekens soos deur die wet bepaal uit te sit. Onlangs gesien een het net die vuil brandblusser langs die agterwiel gesit

Tiptol ·

Is so Kobus, maar baie mense is op hul selfone terwyl hul bestuur.

Kathleen ·

Sjoe ja nee swaer , jy was baie gelukkig om lewendig uit daardie wrak te kom . Ek hoop jy dagvaar die vragmotor eienaar en sommer die bestuurder ook .

Elinette ·

Hy was bitter gelukkig. Tien sentimeter na regs, en hy was nie meer met ons nie. Ek hoop die man maak ‘n volledige, spoedige herstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.