Man oorleef ná motor ‘oopskeur’

Die motorwrak. (Foto: Verskaf)

ʼn Man het Vrydagoggend wonderbaarlik oorleef nadat sy motor teen ʼn paal langs die N1 in die rigting van die Paarl in Plattekloof, Kaapstad, gebots het.

Volgens Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, is nooddienste Vrydag net voor 05:00 na die gru-toneel ontbied waar ʼn motor uitmekaar geskeur het. Die bestuurder van die voertuig het met hul aankoms nog agter die stuur gesit.

Die man, in sy 20’s, het egter baie lig van dié botsing afgekom met slegs ʼn gebreekte been en enkele skrape en kneusplekke, vertel Vermaak.

Die man is op die toneel behandel waarna hy na ʼn naby geleë hospitaal geneem is.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

VanAfrika ·

Hy sal seker nooit weer jaag nie. Moes een hengse spoed gejaag het om die motor so te laat skeur.

Anoniem ·

Dink jy so? Die impak wat ‘n voertuig wat 120km per uur ry is effektiewe botsing impak 240 km per uur, nie waar nie? Is jy seker hy het gejaag?

André ·

Nee Anoniem dis nie waar nie. As jy 120km per uur ry en iets tref bly die impak 120km per uur.

VanAfrika ·

Anoniem, ek vind jou vreeslik sarkasties en ongeskik op hierdie platvorm. Nie net haal jy my uit nie, maar jy doen dit gereêld met ander lesers ook. As jy nie hou van wat ek sê nie, lees verby my skrif. Dis waar wat André sê, 120km is 120km n uur. Dalk kan jy dit vir ons gaan toets as JY so seker is van JOU saak en as jy dit gemaak het, dan kom vertel jy ons of n motor wat 120km n uur ry op 240km n uur bots!!!!

Chris Ws ·

Anoniem,jy’t beslis jou feite heel deurmekaar.Hy het teen ‘n paal gebots wat STIL staan .Die paal het nie na hom toe beweeg soos in die geval van ‘n ander aankomende voertuig nie.So die spoed waarmee hy gery het is dieselfde spoed waarmee hy teen die paal gebots het.

Nico ·

Anoniem: Terug na die Weteskap klas toe asb. Selfs al bots twee motors kop aan kop teen 120 km/uur elk, is die impak dieselfde as wanneer ‘n motor teen 120 km/uur in ‘n muur vasjaag. Die impak verdubbel nie omdat daar twee motors van teenoorgestelde kante af kom nie. In leketaal bly die punt van impak op een punt vir albei motors. Die punt van impak verskuif nie teen 120 km/h in die teenoorgestelde rigting as wat die motor beweeg nie. Gaan google gerus die verwoesting op ‘n motor teen 250 km/h.(youtube) Dan kom lees jy weer wat ek geskryf het.

Cherokee ·

Okay okay okay.. weer redelik. Anoniem beweer die paal het teen 120kmu beweeg, so geen Anoniem kans om dit te bewys! (pssssttt… as ek dìt gesê het, sou ek ook as anoniem geskryf het!)

Anoniem ·

Die som om impak spoed uit te werk is eintlik nie so eenvoudig nie. Die massa van die voertuig, die reaksie tydperk, en en en word in ag geneem. Maar nou ja, wie is ek om julle te betwyfel. Mnr VanAfrika het hom bloediglik vererg en aangeneem ek “haal hom uit” terwyl ek vrae gevra het. Wie ook al jou ander Anoniem is na wie jy verwys, jammer om van jou nare ervarings met hom/haar te hoor. Ek lees eintlik minimaal Maroela Media of hulle kommentaar gedeelte. As ons Google nagaan en na demo videos van impak studies kyk weet ons dat enige iets bo 60 km per uur eintlik fataal kan wees gedurende ‘n ongeluk. Dus kan mens nie altyd aanneem dat iemand oor die spoedgrens gejaag het nie en ook maar geniepsig daaroor raak nie. As ons “crumple zones” en kinetiese energie in ag neem sal ons verstaan hoe voertuie “opbreek” en wat die doel daarvan is. Nou ja kenners, julle sal beter weet! Lekker dag! ?

Maljan ·

Net so Karolis. Net so. Nou haan al die weysgehoorsame burgers (hie hie hie) wat altyd 140 in 120 zone ry weer hoë spoee kom blameer.

Maljan ·

Net so Karolis. Net so. Nou gaan al die wetsgehoorsame burgers (hie hie hie) wat altyd 140 in 120 zone ry weer hoë spoed kom blameer.

wielie ·

Bly daar was nie n passesier in die kar nie …….. dan was dit fatal !

ella ·

lyk ni na n baie veilige kar dat hy sommer so oopskeur ni. lucky hy!!!

Jerry ·

Defnitief spoed. Nee wat die mens sal nooit leer nie. Hoeveel sal nog so hulle einde ontmoet.

Johan ·

Was jy daar toe die ongeluk gebeur het? Ek wil ‘n kat kraam elke keer as jul preutse mensies (wat in meeste gevalle boonop swak bestuurders…) spoed die oorsaak van alle ongelukke wil gee! As jy weer skrik, skrik asb wakker!

elize ·

Die feit bly staan hy het gejaag en hy kan baie bly wees hy lewe.

spossie ·

Ella. Net ‘n regwysing. in Europa was daar einde van 2018 toetse gedoen op sekere groot en middel slag voertuie, kop tot kop (nl. Regs van voor) impak toetse gedoen. Ek was nogal verbaas dat die Etios as een van die veiliger voertuie bestempel is. ‘n Bekende dubbel kajuit bakkie (4×4) was laer geklassifiseer. Die bakkie is nogal baie te sien op ons snelwee . Dit was op ons afrikaanse TV nuus kanaal, uit gesaai.

Jo-anne ·

Sjoe!!! Kan nie glo hy het lewend daar weggestap nie. DANKIE VADER!

Andre ·

Hierdie motors word gebou in Indië, wat verwag jy? DIe ANC druk mos die handels bande met Indië en BRICS lande. O ja, kry jy die motors in die Eerste Wêreld, NEE!

Tiger ·

Andre ek dink jy droom.Die Toyota Etios word in Durban vervaardig nie in Indie nie.

Andre ·

Tiger ek het opgehou droom, nou jou beurt. Lekker slapies…
Van Engineering News en ander…
Sien die pers onderhoud einde laas jaar:
President and CEO Andrew Kirby:
Total plant capacity is 242 000 units a year, which includes a 234 000-unit capacity for the Hilux, Fortuner and Corolla, 13 500 for the Ses’fikile minibus and 5 000 for Hino trucks.

The Durban plant currently produces the Fortuner sports utility vehicle, the Hilux bakkie and the Quantum minibus, as well as the Corolla sedan and its less expensive sibling, the Corolla Quest.

One of TSAM’s most popular passenger cars on sale in the local market, the budget hatchback Etios, is imported from India. The Etios was launched in India in 2010.

Today, TSAM exports the Fortuner, the Hilux and the Corolla to the rest of Africa, with the Hilux also going to Europe. The Quantum is produced exclusively for the local market.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.