ʼn Man is Woensdagoggend in Durban dood toe hy éérs deur oorhoofse kragkabels geskok en daarna deur ʼn motor raakgery is.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die man, het omstreeks 11:30 aan oorhoofse kragkabels in Bluffweg naby Topweg in die stad gewerk toe hy deur die kabels geskok is. Hy het geval en op ʼn pad te lande gekom. Die man het oor die pad gestrompel waar hy deur ʼn motor getref is.
Volgens Jamieson is nooddienste na die toneel ontbied en paramedici het die man behandel. Sy hart het egter oomblikke voordat die behandeling begin is, gaan staan. Paramedici het vir sowat 30 minute gespook om die man te probeer bybring, maar dit was tevergeefs en hy is op die toneel dood verklaar.
Die toepaslike owerhede was op die toneel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
Dit was nie sy dag nie.
Ek sou sê as jou strepie getrek is, is hy getrek.
God se wil het geskied.
Sterkte vir die man se geliefdes.
Wys net as dit jou tyd is is dit jou tyd. Laat my dink aan Final Destination.
Netso Dee. Final Destination movies is wild. As jou strepie getrek is sal jy dit nooit kan ontwyk nie.
Is dit nie dalk eerder ‘n sameloop van omstandighede nie? Dalk is dit een insident en nie twee nie. Hy het dus nie die skok oorleef nie. Hy het na die skok oor die pad gestrompel (nie gewoonweg geloop nie!!) en is toe deur ‘n motor gestamp. Dis tog ‘n voortvloeisel van die skok. Dis mos dan een een insident!! Hy het dus nie die skok oorleef nie, want sy hart het gaan staan na die stamp (nog ‘n nadraai van die skok). Hy het nie aan sy beserings beswyk wat hy met die stamp opgedoen het nie. Is hierdie… Lees meer »