Man oorleef skok; sterf kort daarna

Nooddienste was op die toneel. (Foto: Verskaf)

ʼn Man is Woensdagoggend in Durban dood toe hy éérs deur oorhoofse kragkabels geskok en daarna deur ʼn motor raakgery is.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die man, het omstreeks 11:30 aan oorhoofse kragkabels in Bluffweg naby Topweg in die stad gewerk toe hy deur die kabels geskok is. Hy het geval en op ʼn pad te lande gekom. Die man het oor die pad gestrompel waar hy deur ʼn motor getref is.

Volgens Jamieson is nooddienste na die toneel ontbied en paramedici het die man behandel. Sy hart het egter oomblikke voordat die behandeling begin is, gaan staan. Paramedici het vir sowat 30 minute gespook om die man te probeer bybring, maar dit was tevergeefs en hy is op die toneel dood verklaar.

Die toepaslike owerhede was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Arsène Lupin ·

Ek sou sê as jou strepie getrek is, is hy getrek.
God se wil het geskied.
Sterkte vir die man se geliefdes.

C ·

Wys net as dit jou tyd is is dit jou tyd. Laat my dink aan Final Destination.

Dee ·

@C, daai movie is die rede hoekom ek ALTYD van bane sal wissel as ek agter n trok ry wat hout pale vervoer!

Judge Dredd ·

Die laat my dink aan “Hot Shots” – die man oorleef die vliegtuig ongeluk net om daarna deur die ambulans doodgery te word.

honourable member ·

Netso Dee. Final Destination movies is wild. As jou strepie getrek is sal jy dit nooit kan ontwyk nie.

Erwee ·

Is dit nie dalk eerder ‘n sameloop van omstandighede nie? Dalk is dit een insident en nie twee nie. Hy het dus nie die skok oorleef nie. Hy het na die skok oor die pad gestrompel (nie gewoonweg geloop nie!!) en is toe deur ‘n motor gestamp. Dis tog ‘n voortvloeisel van die skok. Dis mos dan een een insident!! Hy het dus nie die skok oorleef nie, want sy hart het gaan staan na die stamp (nog ‘n nadraai van die skok). Hy het nie aan sy beserings beswyk wat hy met die stamp opgedoen het nie. Is hierdie nie dalk ‘n beter weergawe van gebeure nie? Wonder maar net.

Chris du Preez ·

Absolute nalatigheid. Hoekom werk hy aan lewendige kragkabels.

Herman ·

Het hy aan die kabels gewerk of was hy besig om kabels te herwin?
Hy het seker vir die munisipaliteit gewerk, hoogs opgelei en toegerus met die beste toerusting, gereedskap, veiligheidstoerusting, assistente, risiko-analise, veiligheidsmaatreels in plek, ens, ens, ens…

Niks met j tyd tedoen ·

Suiwer menslike foute, daars nie iets soos jou tyd nie.

Anoniem ·

Arme man, dis darem vreeslik tragies. Meegevoel met die naasbestaandes.

AndreP ·

Tragiese ongeluk, simpatie met die familie, maar God sit nie en strepies trek nie, daar bestaan nie so iets nie, mens leef en sterf na gelang van besluite wat geneem word en dinge wat ons doen.

Heksie ·

Waar was daai bestuurder se oë? In sy alie?
Tragies om so aan jou einde te kom …

Eileen ·

“The Moving Finger writes; and, having writ, Moves on: nor all thy Piety nor Wit. Shall lure it back to cancel half a Line, Nor all thy Tears wash out a Word of it.” – Omar Khayyám

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
God die Skepper laat nie n mossie sterf sonder dat dit sy wil is nie.
.
.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.