Man oorleef taxi-stamp én 10m val

ambulansʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Woensdagoggend in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal deur ʼn taxi getref, én 10 meter ver van ʼn brug afgeval het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Edendaleweg naby Henley Dam plaasgevind.

“Volgens ooggetuies is die man deur ʼn taxi getref, waarna hy oor die brug geslinger is en sowat 10 meter ver geval het,” het Botha gesê. “Paramedici moes met hul toerusting teen die steilte afklouter om die man op die bodem te behandel. Hy is daar gestabiliseer, op ʼn spesiale draagbaar geplaas en na die oppervlak van die pad gehys.”

Die man is daarna met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.