ʼn Motoris is ernstig beseer nadat die bakkie wat hy bestuur het Maandagoggend tydens ʼn padongeluk onder ʼn wipbakvragmotor beland het.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is om 10:00 na die ongelukstoneel op die R103 tussen Cato Ridge en Camperdown in KwaZulu-Natal ontbied.
“Volgens mense op die toneel het die bestuurder van die vragmotor, wat nat sand vervoer het, om ʼn draai beheer verloor wat daartoe gelei het dat die vragmotor gerol en die klein bakkie vermorsel het,” het Herbst gesê. “Die bestuurder van die vragmotor het ongedeerd daarvan afgekom, maar die bestuurder van die bakkie het ernstige beserings opgedoen.”
Volgens Herbst is die bakkiebestuurder, vermoedelik in sy 30’s, met meganiese toerusting uit die wrak van die bakkie gesny en op die toneel gestabiliseer. Hy is daarna per helikopter na ʼn hospitaal geneem.
Die polisie was op die toneel en sal die voorval ondersoek.
- (Foto: Netcare 911)
- (Foto: Netcare 911)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Baie dankbaar dat die drywer van die bakkie nog lewe.
Ons paaie is oorlog zones dit is n vreeslike groot risiko om op ons land se paaie te bestuur
Sterkte vir die bestuurder van die bakkie.
jy kan die Here dank … was nog nie jou tyd, hoop jy sal ‘n groot getuie wees
vir die donker wêreld!