Man oorleef wonderbaarlik ná trein hom tref

Foto verskaf deur ER24

ʼn 23-jarige man het Vrydagaand in Bloemfontein ternouernood aan die dood ontkom toe ʼn aankomende trein sy voertuig getref het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 17:30 by die toneel by Ferreiraweg-kruising aangekom waar die wit, dubbelkajuitbakkie ongeveer 10 meter ver op en van die treinspoor gestoot is. Die trein het ʼn ent verder tot stilstand gekom.

“Die trein het die bestuurderkant van die voertuig getref. Die man moes met meganiese toerusting uit sy voertuig gesny word voor hy ten volle ondersoek kon word,” het Campbell bygevoeg. “Hy het slegs matige beserings opgedoen en is na ʼn privaat hospitaal in die gebied geneem.”

Die polisie was op die toneel en stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ingrid ·

Jy is voorwaar gelukkig. Sterkte aan die treindrywer. Ek weet watse impak het dit op jou lewe.

ensie ·

wat n verligting om te lees oor n positiewe einde en n jongman wat se lewe gespaar is
ipv nog dood en hartseer
Wonderwerkies en gelukkies gebeur nog meer gereeld as wat ons besef

Wonder net ·

Gelukkig lewe hy, maar wys jou weer as jy dink jy kan grand ry, jy nogsteeds nie kans het teen n trein. Jong klomp moet leer hoe werk tekens en padreels. Hy moes tog trein gesien het, kruising is nooit op n blinde kol. Kanse vat ja

PaulV ·

‘Wonder net’; hou op oordeel. Jy was nie daar nie. Hoe weet jy die voertuig het nie gaan staan op die spoorlyn nie?

Wonder net ·

Paulv, wel dan is dit nie n toyota nie, ek oordeel nie, ek weet hoe jong klomp dink.

Ben Prinsloo ·

Ja Haas das ek stem saam. Inteendeel SO reg dat Toyota hulle aan die Afrikaans is groot projek onttrek net omdat Steve die “rassis” ook daarin optree. Hahaha…

Deon ·

Ja Ben dis pateties swak so hulle werk nou ook teen ons afrikaners..

Amanda ·

Ek verstom my altyd aan die kommentaar van mense op maroelamedia se berigte en weerhou my van enige, maar regtig? Ek ken die jongman en sy ouers. Hy is deur die laatmiddag son verblind en het nie die trein gesien nie. Ry half 6 na die kruising dan sal jy verstaan… ‘n bitter amper tragiese ongeluk…dis wat dit was. En dis al wat dit was.. bedoel vir al die bitterbekke, sedepredikers, oordeelaars, galbrakers en en alom-, alles wetende medemense van my.

Jerry Paice ·

Hallo Amanda. Ek hou van jou kommentaar. Die jong man was baie gelukkig. Ongelukkig is dit so dat jong mense nie al die gevare op die pad (en treispore) ken nie. Ek is besig om n ‘Guide’ op te stel ‘Defensive Driving, Accident Prevention and Car Control’ wat van groot nut sal wees vir jong nuwe bestuurders (amper klaar). Ook vir ervare bestuurders. Ek gaan dit bemark op die Internet, met kopiereg. Baie inligting oor hoe om veilig te bly op ons paaie. Sluit in : watter drukking om bande te pomp om die motor meer stabiel te maak op die pad. Hoe om versigtig te bestuur op grondpaaie. Ek wil n kopie stuur aan die jong man, en aan jou. Stuur my sy epos adres, of net joune. Sien my webwerf : https://defdriv.wordpress.com. Groete

Obserweer ·

Miskien moet die knaap n paar Toyota sonbrille aanskaf. Daai bakkie is rateltaai. Was dit n ranger sou die knaap bokveld toe gewees het.

Manna ·

Transnet moes daardie spooroorgang lankal terug beveilig het met rooi flikker ligte en dwars paal Daar was al talle ongelukke op daardie oorgang wat lewens geeis het. My swaer is ook daar dood. Die son het hom ook verblind.

Smiley ·

Daai is n baie gevaarlike kruising waar jy oorgaan na die plotte toe.
So baie ingelukke al daar gewees en nog steeds doen spoornet niks om dit veiliger te maak nie. Die oorgang word deur so baie mense gebruik en vroeg oggend en laat middag is die son ook baie sleg daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.