Man oorleef ‘wonderbaarlik’ toe bakkie meters ver val

ʼn 21-jarigfe man het “wonderbaarlik” oorleef toe sy bakkie 50 m ver van ʼn krans by ʼn uitkykpunt afgetuimel het.

“Die man is gelukkig dat hy slegs geringe beserings opgedoen het,” sê Russel Meiring, woordvoerder van die nooddienste ER24. Sy motor het Donderdagoggend van die uitkykpunt by Safari Gardens in Rustenburg afgetuimel. “Omdat die plek so afgeleë is, het verbygangers hom eers daardie aand om hulp hoor roep,” sê Meiring.

Paramedici het om 21:15 op die toneel aangekom en volgens Meiring kon hulle ook die man hoor roep, maar nie sy voertuig sien nie weens die ruie plantegroei aan die onderkant van die krans. “ʼn Besluit is geneem om die man vanaf die onderkant van die berg te probeer bereik. Teen dié tyd was die brandweer ook op die toneel en hulle, tesame met paramedici van ER24, het deur die bosse probeer sny.”

Die reddingspan kon die bakkie ongeveer ʼn uur later bereik. Die deur van die bakkie is oopgebreek en die pasiënt ondersoek. “Die man het gelukkig net geringe beserings opgedoen en kon, met ʼn bietjie hulp van die reddingspan, self na die ambulans loop.”

Die pasiënt is behandel en na ʼn privaat hospitaal geneem vir verdere behandeling.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mieke ·

Ek is seker as hy sy selfoon by hom gehad sou hy dit gebruik het…! Miskien het hy sy selfoon verloor..

JM ·

Sê Ook Maar Net, wát ‘n vraag om te vra! In plaas daarvan dat jy saam met hom dankbaar is dat hy leef!

Karina ·

Dit was maar net nie “sy tyd” nie. Hy is egter baie gelukkig om dit te oorleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.