Man oorleef wrede kleinhoewe-aanval

Dudley Foster. Foto: Facebook met vergunning van Drift Reaction.

Dudley Foster van Sunrella, noord van Johannesburg, is in die waakeenheid van ʼn hospitaal opgeneem nadat drie aanvallers hom wreed in sy huis op ʼn kleinhoewe aangeval het.

Volgens ʼn verklaring van die Drift Reaction-veiligheidsmaatskappy het die aanval Maandagaand op ʼn kleinhoewe in Sunrella plaasgevind. Hulle is om 20:05 in kennis gestel van die voorval deur ʼn man wat gesê het sy vriend is in sy huis aangeval.

“Die kliënt het geweet sy vriend is nie ʼn kliënt van Drift Reaction nie, maar het die beheersentrum [nietemin] gebel en nooddienste sowel as taktiese eenhede en die Iron Fist Squad is na die toneel ontbied.”

Beamptes van Drift Reaction het die slagoffer in ʼn plas bloed in die huis aangetref. Hy het sewe ernstige steekwonde opgedoen.

“Volgens die slagoffer het drie onbekende mans sy deur afgebreek, binnegekom en hom begin steek. Hul het met verskeie elektriese toestelle van die toneel gevlug.”

Die slagoffer was volgens Drift Reaction Dinsdagaand nog in ʼn kritieke toestand, maar sy toestand het teen Woensdag gestabiliseer.

“Hy is baie gelukkig dat geen lewensbelangrike organe of hoofslagare raakgesteek is nie. Hy het ook harsingskudding opgedoen,” het die beamptes gesê. Die slagoffer is glo oor die kop geslaan met ʼn kroegstoeltjie.

Volgens Jarques Treptow, eienaar van Drift Reaction, is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Ten spyte van verskeie pogings kon die polisie nie vir kommentaar oor die voorval bereik word nie.

Foto: Facebook met vergunning van Drift Reaction.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

anoniem ·

Ek sê liewers niks nie. Daar is n swart man verlam gelaat na n ongeluk op n plot in Hartswater witman word aangekla vir poging tot moord en dis die hele media vol. Die SAPD kon nie gou genoeg lat weet dat die witman net weg is nie en dat hulle hom soek nie. En toe die man hom selfoorgee kon hulle nie vinnag genoeg latweet wat gebeur het nie. Nou in die oom se geval is hy aangeval agter gelos vir dood en niemand is gevang nie en die beste is die SAPD kan nie bereik word om dit te bevestig nie. Regtig? Dit is dalk net omdat dit n wit man is dat niks hiervan gan kom nie.

SA Moordmuseum ·

Dit sal presies so uitgebeeld word in die moordmuseum, en eendag wanneer n korrupsievrye regering weer aan bewind gestem word sal die skuldige politici soos nazilede tot in hul bejaarde jare vervolg word.

PJC ·

Daar sal dringend deur iemand na borge gesoek moet word om mense te help om hulle self te beveilig. Dit is duidelik dat mense nie voldoende beveiliging het nie. Dit is egter so ń duur storie dat mense op ń manier finansieël gehelp moet word hiermee.

Buitelandse hulp ·

Ja jy is reg. Buitelanders kan help met die bevondsing daarvan, ons moet hulle net vra.

Koos de Meyer. ·

Ons moet maar onsself beskerm. Ons het bullteriers, as hulle verby die honde en elektrise huining kom gaan ek nie wag
Nie. My vuurwapen lisensie se self verdediging. Jy. Moet daai krimineel verras.

Oom Kalahari ·

So bly dit aangaan en is daagliks. Dudley hoop jy herstel gou en wens jou alle sterkte toe. Gister is my 65jarige broer in klerksdorp deur twee bravo’s aangeval om te beroof. Hy het probeer terugveg, maar is aanhoudend deur altwee se pistool kolwe teen die kop geslaan. Hy het oop wonde met 4 steke aan elke kant van kop by die slape, 3 steke agter regter oor en 2steke aan bokant van kop. Sy gesig is blou en pers geslaan en geweldig geswel en kan skaars uit oe sien en sy bril is in sy gesig stukkend geslaan. Wetstoepassers kan nie saak open as hy nie die 2 aanvallers ken of kan uitwys nie of aantoon waar hul dalk mag woon nie. Kwaad mag jy nie raak of wees en net altyd lag en polities korrek wees. Is dit nie alles opgekropte frustrasies nie.

André ·

Ek glo die eindtyd is naby. Die satan is baie bedrywig en weet sy uurglas loop uit. Nog nooit het ek van so baie moorde en aanvalle elke dag gelees nie. Dis net in SA; wat nog van die res van die wêreld. Here, wees asseblief U kinders genadig. Ek kan nie wag vir die nuwe hemel en aarde nie!

Neewat ·

Dink nie so nie in die Bybelse tyd het hulle ook gedink die eindtyd is naby met die oorloe en gerugte van oorloe en aardbewings en dit is nou al 2000 jaar later.

Callie ·

Is daar niemand in die opposisie wat pertinent die vraag aan die pres van die land op n openbare podium kan vra nie. WAT IS JOU SIENING OOR PLAASMOORDE EN AANVALLE OP WIT MENSE. Magtig, forseer hom om te antwoord. Ons almal weet WITMENSE IS NIE SY MENSE NIE, maar kry openlik n antwoord

Dibhula ·

Sy antwoord is ALMAL WORD DEUR MISDAAD geraak die WITTES Is niks spesiaals nie, hulle is NIE verhewe bo MISDAAD nie, en dan gaan hy vinnig ‘n oortreding van ‘n witte met die doodskis saak aanhaal om te WYS hoe wreed die wittes is .. MOENIE Op sy antwoord staatmaak nie .. Daarna sing hy saam Kill the Boer, Kill the White in sy taal dat die wittes dit nie verstaan nie.

Donald ·

Dit is al in die parlament gevra en gedebat. Hulle antwoord bly dis crime. In sommige gevalle lag hulle in jou gesig. Kyk n bietjie parlament. Ek wil egter hierdie gehuilery na die president om in te gryp moet staak. Jy mors jou asem. Hy gaan niks daaraan doen nie. Hy het self gese hy gaan die witmense stadig kook soos paddas in die pot. Hy juig saggies in sy hart as hy van n aanval hoor.

Colleen ·

Dit is ‘n wit man wat aangeval was. Sy sal mos nie kommentaar lewer nie.

Andre ·

Ja toe Malema…
“Kill the farmer, Kill the boer.” Maar NIKS gebeur met jou nie…! “Die poppe sal dans”… Niks gebeur met jou nie!
Ek wil ‘n vlieg teen die muur wees die dag wat jou lot gespreek word…

Culli ·

Die polisie is weer USELESS, hulle mag seker ook nie meer PLAASAANVALLE op wittes aanteken of ondersoek nie, soos die joernaliste by SABC gewaarsku is om NIE Meer oor WIT PLAASAANVALLE te berig nie .. die polisie is WAARDELOOS, het nooit kommentaar tensy die oortreder ‘n WITTE is nie, tree nooit op tensy die BOER iemand geskiet of geklap het nie .. STERKTE OOM, ek hoop jy herstel vinnig moet NET nie jou hoop op enige mens in die regering of in die polisie of in die howe sit om jou skuldenaars te vang of te vonnis nie .. VLUG liewer van die kleinhoewe af en gaan bly by jou kinders .. Die Kommissaris en Me Sisulu beweer daar is GEEN PLAASMOORDE Nie, dit is alles HUISROOF .. en almal loop deur . swart en wit ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.