Man oorleef wrede kleinhoewe-aanval

Dudley Foster. Foto: Facebook met vergunning van Drift Reaction.

Dudley Foster van Sunrella, noord van Johannesburg, is in die waakeenheid van ʼn hospitaal opgeneem nadat drie aanvallers hom wreed in sy huis op ʼn kleinhoewe aangeval het.

Volgens ʼn verklaring van die Drift Reaction-veiligheidsmaatskappy het die aanval Maandagaand op ʼn kleinhoewe in Sunrella plaasgevind. Hulle is om 20:05 in kennis gestel van die voorval deur ʼn man wat gesê het sy vriend is in sy huis aangeval.

“Die kliënt het geweet sy vriend is nie ʼn kliënt van Drift Reaction nie, maar het die beheersentrum [nietemin] gebel en nooddienste sowel as taktiese eenhede en die Iron Fist Squad is na die toneel ontbied.”

Beamptes van Drift Reaction het die slagoffer in ʼn plas bloed in die huis aangetref. Hy het sewe ernstige steekwonde opgedoen.

“Volgens die slagoffer het drie onbekende mans sy deur afgebreek, binnegekom en hom begin steek. Hul het met verskeie elektriese toestelle van die toneel gevlug.”

Die slagoffer was volgens Drift Reaction Dinsdagaand nog in ʼn kritieke toestand, maar sy toestand het teen Woensdag gestabiliseer.

“Hy is baie gelukkig dat geen lewensbelangrike organe of hoofslagare raakgesteek is nie. Hy het ook harsingskudding opgedoen,” het die beamptes gesê. Die slagoffer is glo oor die kop geslaan met ʼn kroegstoeltjie.

Volgens Jarques Treptow, eienaar van Drift Reaction, is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Ten spyte van verskeie pogings kon die polisie nie vir kommentaar oor die voorval bereik word nie.

Foto: Facebook met vergunning van Drift Reaction.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
anoniem

Ek sê liewers niks nie. Daar is n swart man verlam gelaat na n ongeluk op n plot in Hartswater witman word aangekla vir poging tot moord en dis die hele media vol. Die SAPD kon nie gou genoeg lat weet dat die witman net weg is nie en dat hulle hom soek nie. En toe die man hom selfoorgee kon hulle nie vinnag genoeg latweet wat gebeur het nie. Nou in die oom se geval is hy aangeval agter gelos vir dood en niemand is gevang nie en die beste is die SAPD kan nie bereik word om dit… Lees meer »

PJC

Daar sal dringend deur iemand na borge gesoek moet word om mense te help om hulle self te beveilig. Dit is duidelik dat mense nie voldoende beveiliging het nie. Dit is egter so ń duur storie dat mense op ń manier finansieël gehelp moet word hiermee.

AD

Gaan die ook dan net n saak van gewapende roof wees / word ?

Oom Kalahari

So bly dit aangaan en is daagliks. Dudley hoop jy herstel gou en wens jou alle sterkte toe. Gister is my 65jarige broer in klerksdorp deur twee bravo’s aangeval om te beroof. Hy het probeer terugveg, maar is aanhoudend deur altwee se pistool kolwe teen die kop geslaan. Hy het oop wonde met 4 steke aan elke kant van kop by die slape, 3 steke agter regter oor en 2steke aan bokant van kop. Sy gesig is blou en pers geslaan en geweldig geswel en kan skaars uit oe sien en sy bril is in sy gesig stukkend geslaan. Wetstoepassers… Lees meer »

André

Ek glo die eindtyd is naby. Die satan is baie bedrywig en weet sy uurglas loop uit. Nog nooit het ek van so baie moorde en aanvalle elke dag gelees nie. Dis net in SA; wat nog van die res van die wêreld. Here, wees asseblief U kinders genadig. Ek kan nie wag vir die nuwe hemel en aarde nie!