Man oornag in motorwrak vasgekeer

Hidrouliese toerusting is ingespan om die man uit die motorwrak te bevry. (Foto: Netcare 911)

’n Man was ná ’n onlangse motorongeluk byna 11 uur lank in die wrak van sy motor vasgekeer voordat ’n verbyganger hom te hulp gesnel het.

Die man het Donderdag omstreeks 20:00 beheer oor sy motor op die M13 in Pinetown, wes van Durban, in KwaZulu-Natal verloor. Die motor het by ’n wal langs die pad afgerol.

Die beseerde man is eindelik Vrydag net voor 07:00 te hulp gesnel toe ’n verbyganger hom vanuit die bosse langs die pad hoor roep het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is na die toneel ontbied waar hulle die man met matige beserings in die motorwrak aangetref het. Die man is op die toneel gestabiliseer voordat ’n lewensreddertegnikus hidrouliese toerusting gebruik het om die man uit die wrak te bevry.

Die man is daarna per ambulans na ’n nabygeleë hospitaal vervoer vir mediese behandeling.

Die man het vanuit die bosse om hulp geroep. (Foto: Netcare 911)

Die wrak van die motor. (Foto: Netcare 911)

Die wrak van die motor. (Foto: Netcare 911)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.