Man op Balfour-plaas geskiet

[OPVOLG] David Streicher (74) word tans in die waakeenheid van die Netcare Unie-hospitaal behandel. Lees die opvolgberig hier.

Argieffoto

ʼn Man is Vrydagaand glo sonder enige waarskuwing geskiet toe hy by sy huis op ʼn plaas in die Balfour-distrik in Mpumalanga ingestap het.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê David Streicher is ná die voorval na ʼn hospitaal gehaas. Volgens inligting op sosiale media is David in sy gesig geskiet, maar die polisie kon dit nie onmiddellik bevestig nie. Sy vrou, Lena, is nie beseer nie.

Volgens Bhembe was Lena alleen tuis toe twee aanvallers haar in die huis oorrompel het. “Die verdagtes het haar glo na die woonkamer geneem waar hulle haar aan ʼn stoel vasgebind het. Hulle het geld en vuurwapens van haar geëis. Op daardie oomblik het David by die huis ingestap en is hy sonder enige waarskuwing geskiet,” het hy gesê.

Bhembe het gesê die aanvallers het met selfone, ʼn videokamera en sleutels in David se Nissan-bakkie gevlug. Die bakkie is nog nie teruggevind nie.

Bhembe het gesê ʼn saak van huisroof en poging tot moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval word versoek om Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Chris Ws ·

Waar is die beloning van die SAPD vir die opsporing en skuldig bevinding van die’ rowers?Elke plaas aanval se aanvallers moet ‘n prys op hul koppe kry,dan sal plaasaanvalle verminder.
Alle sterkte vir Mev.Streicher en ek wens Mnr.Streicher ‘n spoedige en volkome herstel toe.

David Streicher ·

My pa is eerste in die huis in. My ma was nog oppad van die voertuig af toe sy die knal hoor en gedink dis ‘n boom se tak wat gebreek het. Toe sy in die huis kom sien sy hom op die vloer lê. Hy het niks gesien. Hy is met iets geslaan en toe geskiet na hy geval het. Hierdie word geklassifiseer as huisbraak. Dis blykbaar nie ‘n plaasaanval
nie…..

Frikkie (Nie pienk) ·

Hoop jou pa herstel spoedig en volkome. In polisietaal is ‘n plaasaanval blykbaar ‘n “Major” -insident en huisbraak ‘n ” Minor”-insident. Dit is hoekom hul dit verander. Dan lyk hul boeke beter. Dws as die boeke nog daar is.

Susan Roos ·

So jammer David. Ek bid jou pappie herstel vinnig. Bid vir julle

Leahim ·

Dit is omdat die meeste polisie beamptes nie eers hulle werk ordentlik kan doen nie wat nog oor die vermoë beskik om die wette en klagtes reg te interpreteer,ons mense sal moet “improvise en adapt “anders gaan ons n bedreigde spesie soos die renoster word.

SHANNON ·

David baie jammer om hiervan te hoor.
Weet jy dalk hoe hulle ingekom het ?

Willa ·

Aai aai, so onnodig. Ons harte bloei, maar ons hande is afgekap. Ons hulpkrete in gebed sal aanhou

PJC ·

Dit lyk vir my ń mens moet nou al jou eie huis met ń vuurwapen in die hand bekruip as jy wil veilig wees. Dit is ook duidelik dat boervrouens hoogs opgelei en te alle tye bewapen moet wees om veilig te wees. Dit is ń mite dat jy nie geskiet sal word as jy geen teenstand bied nie.

Ander Annie ·

Baie sterkte aan die Streicher familie. Ek hoop Mnr Streicher herstel spoedig.

Callie ·

Ons hande is nie afgekap nie. Ons blankes wil te graag kommentaar lewer maar verder doen ons niks. As daar n saak teen hierdie …moordenaars is, sien jy niemand van die wiittes daar wat dreig en saamstaan nie. As n blanke in hof is staan daar hordes swartes wat keer dat hulle borg kry. Al wat gaan werk is as die paddas nou uit die warm water spring en begin saamstaan. Gaan kyk maar na die kommentaar. Niemand wat probeer positief saamstaan nie. Elke een skryf net sy eie idee neer. Die boere het nodig dat die witmense begin saamstaan. Asb Afriforum of iemand, ek glo daar is nog baie wat sal saamstaan en skenkings sal maak. Help net om die wittes ook te mobiliseer en by die hof te laat saamstaan. Niks gaan gebeur as ons nie gaan druk begin opsit nie

Thys De Villiers ·

Inbraak se GAT man. Dit was n beplande plaas mood, nes al die ander. Niks word gedoen nie. Net nog onskuldige boere en families wat deur hel moet gaan. Vir wat? Dit is sinneloos.

Susan Roos ·

My hart is so stukkend vir elke moord op ons mense. Here, wanneer hou dit op? Beskerm asb almal in ons land. AMEN

Johannes Meintjes ·

Dit is nou al herhaaldelik gestel dat niks wat groot berade, die SAPD, die GPF en buurtwagte tot dese doen dien as effektiewe afskrikmiddel vir geweldsmisdaad en plaasaanvalle nie. (Daarmee word die enkele areas waar buurtwagte baie dinamies optree, nie misken nie.) Tog versuim veiligheidsrolspelers om rondom een tafel te vergader en effektief erns te maak met burgerlike beveiliging en misdaad bekamping in SA.

lag met 'n traan ·

@ PJC.. ek het nou so lekker gelag vir jou beskrywing van “jou eie huis bekruip met ‘n vuurwapen in die hand”… Klink funny maar ja, daar steek heelwat waarheid in.

Mens is te bang om jou huis te verlaat na sonsondergang om bv. biduur te gaan bywoon, of uiteet.. fliek is geheel uit. ‘n Ou is te bang om terug te keer huis toe want jy weet nie of jou strepie daar getrek lê en wag vir jou nie… So onnodig om so te leef.

Werklik jammer vir die Streicher familie oor die nare gebeurtenis. Hoop mnr. Streicher word mooi gesond.

Johann schulz ·

Ek dink dis tyd dan n aandklok reël op plase ingestel word en indien lemand sonder toestemming op jou plaas rondsluip moet hy die ergste verwag…kuiergaste en werker sal jou reels ken en daarbinne optree

CCI ·

Die hartseer is… op ń Sondagaand voor ek gaan slaap sê ek vir my vrou, “kom ons lees gou die nuus op Maroela, ek wonder hoeveel plaasaanvalle was díe naweek?”
Wanneer is dit ons beurt?

ja ne ·

So as hulle hom gewaarsku het oor hulle hom geskiet het was dit reg? Eienaars mag nie inbrakers skiet nie en eers wag dat hul lewe in gevaar is en dan word die eienaars nog in die tronk gegooi oor hul iemand se lewe geneem het en dan nog borgtog geweier oor die publiek so se en hul lewe in gevaar is as hul vrygelaat word. mmm dis darm maar lekker om n dief te wees deesdae

Outoppie ·

Ek het al etlike jare die gewoonte om met my hand op my pistool uit my kar te klim om my hek oop te maak. En as ek die huis verlaat, kyk eers op en af in die straat voordat ek die hek oopmaak (geen hekmotor nie). En dis in die dorp, nie eers op ‘n plaas nie ! Te veel kapings vind plaas in mense se opritte. En as dit bedags is, kyk ek eers of die voeëltjies in die tuin rustig is, voordat ek oopmaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.