Man op bodem van munisipale swembad aangetref

Argieffoto

ʼn Man in sy twintigs is Saterdagmiddag op die bodem van ʼn munisipale swembad aangetref.

Die voorval het by Vanderbijlpark in Gauteng se munisipale swembad plaasgevind.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het omstreeks 16:45 by die toneel opgedaag. In daardie stadium het die swembad se eie lewensredders self die man van die bodem na die oppervlak gebring.

“Die lewensredders het toe al vir sowat twintig minute kardiopulmonêre resussitasie op die man toegepas,” het Siddall gesê.

Volgens Siddall is die man na die Sebokeng-hospitaal gehaas vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wagter ·

Maar as die swembad lewensredders het, hoe kon dit gebeur?

Leeutjie ·

Het jy al die “stampede” gesien by n openbare swembad. Daar is nie plek vir n muis nie…

Nnes ·

Dit gebeur baie vinnig. As jy nie heeltyd jou oog op die swembad hou nie, is dit wat gebeur. Nalatigheid!

Chanel ·

Jy wil nie weet hoe lyk dit daar oor naweke nie. Dis gepak. Ek is nie verbaas nie, want hoe moet lewensredders ‘n oog op almal hou as daar so baie mense is. En dan word daar nog drank aangedra en ingesmokkel, en in die parker are gedrink en geparty met hordes taxi’s wat die wêreld vol staan. So ja, dink jy kan dit vir jouself indink.

Nnes ·

Ek het self Saterdag ‘n kind van verdrinking gered by ‘n munisipale swembad in Sasolburg. Dit gebeer baie vinnig! Daar was nie eers lewensredders beskikbaar vir daai dag nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.