Man op borg skiet glo motoris dood

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man wat op borg uit is, het glo ‘n motoris doodgeskiet en ander mense beseer in Lenasia, suid van Johannesburg, berig The New Age.

Volgens die berig het die man Sondagaand by ‘n kroeg gekuier. Hy het glo in ‘n geveg met ‘n ander persoon betrokke geraak voor hy gevra is om die kroeg te verlaat.

Die man was toe glo in ‘n motorongeluk betrokke maar het weggery. Die bestuurder van die ander motor het agter die man aangery tot by sy huis waar ‘n woordewisseling uitgebreek het.

Die man het toe glo die motoris doodgeskiet en ander mense is beseer. Ofentse Morwane, woordvoerder van die Gautengse departement van korrektiewe dienste, het aan The New Age bevestig dat die man vroeër op borg van R1 500 vrygelaat is nadat hy vir diefstal in hegtenis geneem is.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het aan Sapa bevestig dat ‘n saak van moord ondersoek word maar wou geen verdere besonderhede oor die voorval gee nie.

Die verdagte is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tasja ·

Die tronke is net die regte plek vir die eerbare mense. Ons moet ruil. Dink net hoe ruim en gerieflik ons sal lewe. Hulle hoef net die hoofhekke te sluit om die misdadigers uit te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.