Man op Durban-strand vermoor

mes-aanval

Argieffoto

ʼn 27-jarige man is Donderdag op Durban se strand met ʼn mes doodgesteek, ure nadat die polisie hul veiligheidsplanne vir die feesseisoen op dié strand bekend gemaak het.

Volgens maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, is die man deur drie mans aangeval wat hom wou beroof. Die voorval het omstreeks 03:00 naby die swembaddens op Noordstrand plaasgevind.

“Die man was nie ʼn toeris nie,” het Zwane gesê. “Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Maroela Media het vroeër berig die Margate-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat Sharlene Zanten (15) Woensdag in Trafalgar naby Sanlameer, waar sy op vakansie was, glo vir haar selfoon vermoor is.

Lt.genl. Betty Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, genl.maj. Berning Ntlemeza van die Valke en lt.genl. Bonang Ngwenya, adjunkpolisiekommissaris, was op die strand om die polisie se veiligheidsplan vir die feesseisoen aan te kondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Zelda ·

Dis presies wat ek aan dink…. Hoekom daai tyd rond loop. Mens weet tog by die tyd al dis lankal nie meer veilig van sononder tot sonsopkoms nie…..

SNEL ·

Ja-nee, wie waag dit nog daai tyd buite, ons vryheid is mos van ons beroof. Geen eerlike mens mag daai tyd op straat, op n bankie in n parkie, op die strand of enige plek buite wees nie. Die natuur en alles wat mooi is is vir die skurke en skelms (SS) om te geniet. Ons moet opgesluit in ons tronke met veiligheidshekke, agter slot en grendel met alarms en waghonde sit daai tyd van die aand (selfs in die dag). Dis jammer dat n mens nie wanneer jy wil (3am) en waar jy wil kan gaan stap en die branders se gedruis geniet nie. Kyk maar daai aanval waar die mans vasgebind en in die meer gegooi is en verdrink het en die een vrou gevlug en die ander een verkrag is. Dit met skemer, n parkie waar mens net rustig wil wees, rus en bietjie die natuur geniet. Ons bly in n pragtige land, maar niks kan ons meer met n geruste hart geniet nie, jy moet altyd loop en rond kyk soos iemand wat hout optel.

Oom Kallie ·

SA is net een plek (118) voor die oorloggeteisterde Sirië (119) op die VN se ranglys van beste en swakste lande om in te woon t.o.v. lewenskwaliteit. Volgens die lys is dit selfs beter om in Irak en Libië te woon. Noorweë het die hoogste lewenskwaliteit en Niger die heel swakste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.