Man op kleinhoewe doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Man is Vrydagoggend vroeg op ʼn kleinhoewe in die Muldersdrift-gebied in Gauteng doodgeskiet.

Konst. Lucky Matome, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het omstreeks 05:45 ʼn geluid buite op die kleinhoewe in die Rietfontein-gebied gehoor en uit die huis gegaan om ondersoek in te stel.

“ʼn Skietgeveg het tussen die man en die verdagtes ontstaan en die man is in die bolyf gewond. Hy is op die toneel dood verklaar,” het hy gesê. Die man was ongeveer 30 jaar oud.

Volgens Matome het ʼn veiligheidsbeampte hom na die toneel gehaas nadat die paniekalarm geaktiveer is. Met sy aankoms op die kleinhoewe is daar ook op hom losgebrand. “Die veiligheidsbeampte is nie beseer nie en net sy veiligheidsvoertuig is beskadig,” het Matome gesê.

“Die SAPD in die Wes-Rand is baie bekommerd oor die toenemende aantal aanvalle op kleinhoewes in die gebied,” het hy gesê. Sake van moord en gewapende roof word ondersoek.

Matome het gesê die polisie is op soek na twee of meer mansverdagtes wat betrokke was by die aanval. Enigiemand met meer inligting word versoek om die Muldersdrift-polisie by 011 952 4600 of die Wes-Rand-trio-taakspan by 079 496 6288 te nader. Inligting kan anoniem deurgegee word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ag asb ·

Ag bull! Julle is glad nie bekommerd oor aanvalle op kleinhoewe en plase nie want dis meestal witmense! Wat het julle al in plek gesit om dit te verhoed?! My innige simpatie aan sy naasbestaandes! Nog n sinnelose moord!

Verdagte/beskuldigde ·

Die vae beskrywing help nie dis soos om te se my kar is gesteel wees asb op die uitkyk vir hom

Ander Annie ·

Tragies. Tragies. Tragies. Nog ‘m onskuldige mens wat met sy lewe moes boet omdat misdaad onbeheerbaar is. Innige simpatie aan die familie.

Raad ·

Moet nooit ooit uitgaan nie. Bly in jou huis. Selfs in jou huis wees versigtig om rond te beweeg. Wag eerder ‘n paar minute al het jy ‘n vuurwapen.

rudi ·

Maklik om te se bly in die huis. Hul is nie daar om blomme te steel nie. Hul doel is om in te kom, jou te martel en dood te maak. Soms is aanval beter om te verdedig

tiger ·

Raad,ek stem met jou saam – dis wat mens moet doen.Al het jy ‘n vuurwapen in jou hand.Bly op een plek in jou huis en wag die misdadiger in.Maw laat hy na JOU toe kom sonder dat hy weet hy word ingewag.Skiet dan EERSTE en dan vra jy hom wat soek hy in jou huis.

Deon ·

Ons moet onsselef die vraag vra, “sal daar ooit n einde kom aan sinnelose moorde gemik op blankes op plase, plotte en in ons dorpe” terwyl die intense haat saadjie vir die blanke reeds lankal geplant is en voortdurend water gegee word. Intense ingryping en daadwerklikke optrede deurmiddel van opvoeding, vervolging van alle individue wat enige form van “haatspraak” uiter en promoveer, die terugbring van die doodstraf kan n moontlikke verlaging van moorde teweegbring. “Dit gaan egter nooit gebeur nie”

As misdaad statistieke, sou dit natuurlik korrek weergegee word bygese word vergelyk moet word van vandag en 30 jaar terug en “almal” van ons kan sien dat daar n astronomiese toename in moorde, kapings, huisbrake, gewapende rooftogte ens. aan die orde van die dag is, is dit mos nou vir “almal” n bewys dat ons met n groot probleem op ons hande sit.

“Wie is nou eintlik verantwoordelik ?”

Frik ·

En niks op tv hieroor en dis 2verdagtes maar noem iemand n monkey en dis op al die media..Selfs RSG spandeer n hele dag aan so n insident of die doodskis sage is hoofnuus maar as iemand dood geskiet word is dit verdagtes …geen verwysing na ras ….. En niks daarvan op tv ???

Lientjie ·

Die hele Muldersdrift is orals plakkershutte om die plotte wat verwag julle. En dan gaan jy nog uit om te gaan kyk wat buite aangaan. Jy bly in jou huis, bel die Polisie en sekuriteit dat hulle kom kyk!

Lynette ·

Die haat wat teen ons gesaai word is n daaglikse gebeurtenis. ZUMA, MALEMA, die man van Land First Black First en nou weer die kastige hofsake oor die veiligheidspolisie se doen en late van toeka. Wil nie vorentoe beweeg en probeer heeltyd hulle eie gemors wegsteek deur haat teen ons aan te blaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.