Man op kleinhoewe doodgesteek

mes-aanval

Argieffoto

ʼn Man is dood en sy vrou ernstig beseer nadat hulle Saterdagmiddag op ʼn kleinhoewe in die Heidelberg-omgewing in Gauteng aangeval is.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die polisie, het gesê Boet Smal, in sy 70’s, en sy vrou Esther, vermoedelik in haar 60’s, het gesit en televisie kyk toe hulle omstreeks 17:20 deur twee aanvallers oorval is.

Die kleinhoewe is op die hoek van Flamink- en Kwikstertjiestraat geleë.

Een van die aanvallers het Boet met ʼn mes in sy voorkop gesteek. Esther het glo probeer weghardloop waarna hulle haar in die rug gesteek het.

“Die rowers het die huis geplunder en ook toegang tot die kluis gekry. Hulle het met twee rewolwers en die egpaar se twee selfone op die vlug geslaan,” het Tshilate gesê.

Volgens Tshilate het die bure se tuinier gesien hoe die twee mans van die toneel in die rigting van die Blesbokspruit vlug en hy het sy werkgewer in kennis gestel. Die bure het dadelik gaan ondersoek instel en Boet en Esther in die huis aangetref.

“Mnr. Smal is op die toneel dood verklaar, terwyl sy vrou in ʼn ernstige toestand na die Life Suikerbosrand-hospitaal gehaas is,” het hy gesê.

Lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het dadelik na die twee aanvallers begin soek, maar kon geen teken van hulle vind nie.

Sake van moord, poging tot moord en huisroof word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Mense met meer inligting word versoek om die Heidelberg-polisiestasie by 016 341 0361 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

White Rhino ·

Die padda prutpotte waaraan ons moet gewoond raak aldus Ramaposa

Koos de Meyer. ·

Dit gebeur daagliks. Niks word gedoen nie. Ons betaal belasting vir wat.? Dis mos kamtig nie hoë misdaad prioriteit nie. Dit is sulke snert wat mens woedend maak. Waar gaan ons heen en wanneer gaan dit eindig. Moord op ou mense, verkragtings ook op klein kinders tot oor die 80 jarige
. Oumense, ons land het siek geword, ons sit met skuim van die aarde en niks word gedoen nie.

Rooi Jan ·

Nee Koos as ek dit reg verstaan dan moet ons blanke Afrikaners net stilbly. Want daar word baie meer Suid Afrikaners van ander kleure vermoor. So eintlik is net doodreg so dat daar nou omtrent elke dag een of meer blankes vermoor word deur swartmense. Aldus mense soos die akademici en verslaggewers. Trouens hulle kan glad nie verstaan hoekom ons nie net aanvaar dit is nou payback tyd nie.

H.P. Knoepfler ·

dan kán ons seker die skurke innie rug skiet! Wat is die verskil .?

HPV ·

Dit is jammer en tragies dat mnr Smal so moes sterf, bid sy vrou volkome herstel toe.

Sou een van die rewolwers egter byderhand was sou die aanval moontlik anders verloop het.

Herman ·

Sit jou wapen langs jou stoel neer by die huis. Dra dit oral saam. Gaan oefen en gebruik dit gereeld. Binnerkort gaan jy dit wel op ‘n skurk moet gebruik on jou en jou familie te beskerm. Dis net n kwessie van tyd…

D P J ·

Paraatheid is ook om ‘n klein hondtjie of twee in die huis aan te hou. Hulle waarsku inwoners lank voor die tyd dat daar ongewensde karakter buite is voor hulle in die huis is.

Padda kwak ·

Soos paddas in pot word ons stadig gekook en warm gemaak. Word wakker!!!

Magaret Henderson ·

Maar hkom kry hul Noooit die moordenaars ni. hul moor al wat n blanke is uit.

Siek en sat ·

Kla daai Malema vent aan want hierdie plaasaanvalle en moorde is as gevolg van sy aanhitsing. Komaan families eis geld vir julle verliese en traumatiese ondervindings.

Bokka ·

Malema en Ramaposa lag nou te heerlik nog n wit Boer uitgemoor lekker man lekker.

Koos de Meyer. ·

ROOI JAN, hulle sal payback by my kry as hulle verby my bullteriers en my Scott y kom. Ek sal eers skiet en dan vrae vra. Ons raak nou siek en sat vir al hierdie dinge.

Oupa Kalahari ·

Dit is hartseer dat Boet so met sy lewe moes boet. Nog een met wereld se kennis in boerderye is onskuldig weggeneem. Esther dit is ‘n harde slag, maar ons wens jou vinnige herstel toe en bid dat jy hierdie trauma kan verwerk. Aan die familie, vriende en mede boere ons gebede gaan uit na jul almal en besef wat is besig om te gebeur en ontwikkel. Ons innige simpatie en medelye aan almal en wens jul sterkte toe. Mag jul wonde heel deur onse Hemelse Vader.
(Die duiwel het sy voetspore gevind tot anargie op aarde).

Siener van Melbourne ·

Laat daar geen onduidelikheid wees dat die kommunistiese regering in Suid Afrika ten volle aanspreeklik is vir die anargistiese toestand in die land nie. Ek het geimmigreer so paar jaar terug en eers na my vertrek het ek besef hoe die geweld en misdaad deel geword het van my aanvaardings raamwerk. Saamstaan is mooi en selfs goeie konsep maar met n regering soos die spul skurke is selfs die idee nie na my mening voldoende nie. Misdadigers besef hulle optrede gaan onversteurd by die regering se oë verby en word selfs goedgekeur deur n regering wat verblind is deur hul haat gedrewe agenda. Daar is n tyd wat mens moet besef, die spreekwoordelike koeël is deur die kerk. Dis nie vir my om ander voor te skryf nie maar sterkte aan die wat wil veg tot die einde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.