Man op kleinhoewe doodgesteek

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn Moordsaak word ondersoek nadat ʼn man Dinsdagaand op ʼn kleinhoewe in Midvaal in Gauteng vermoor is.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die omstandighede rondom die moord is nog onduidelik.

“Ons kan nie presies bevestig hoe oud die man is nie, maar dis nie ʼn jong man nie. Ons weet ook nie presies hoeveel aanvallers daar was nie. Dit lyk wel of die aanvallers buitelanders was,” het Makhubele gesê.

Volgens Makhubele blyk dit dat ʼn familielid op die man se liggaam afgekom het waar dit vasgebind op die vloer gelê het. “Die kluis is oopgebreek en daar is geld en ʼn vuurwapen gesteel,” het Makhubele gesê.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 20:45 by die toneel opgedaag. “Die paramedici is na ʼn kleinerige huisie geneem waar hul die man op die vloer aangetref het. Hy het veelvuldige steekwonde aan sy lyf gehad,” het Meiring gesê.

Die man is op die toneel dood verklaar.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ai ·

Nee kyk… hulle kan nie eers se hoe oud die oorledene is nie, hulle het nog nie sy aanvallers gevang nie maar hulle weet hulle is buitelanders.

Het die klomp n post it vir die polisie gelos op die yskas?!

Irene ·

BUITELANDERS wat genooi word in sa om seer te kom maak maar God slaap nie

Peeter Kotzé ·

Weet absoluut niks nie, maar lyk soos buitelanders? Call a spade a spade, hierdie moorde word meestal deur Saffas gepleeg, dit raak belaglik dat dit elke keer “buitelanders” was, maar nogsteeds kan julle nie die moordenaars vang nie.

P ·

Ja nee kyk. miskien weet hulle iets wat ons nie weet nie want hoe weet jy dit is buitelanders??
En die buitelanders stroom ons land binne en geen haan kraai daarna nie. Te lekker!! Hulle kom plunder en moor op ons stoepe en ons moet maar net sit en toekyk. Maar as jy waag om iets aan een van die boewe te doen is dit nasionale nuus

Theresa ·

Ag nee wat – sit bietjie meer effort in en vang die moordenaars. Daardie buitelandelanders wat verdink word bly tog seker nie te ver van die toneel af nie.

Arno ·

Buitelanders impliseer meer as wat in woorde gesê word – Die Zimbabwiërs is geneig om byvoorbeeld die slagoffer se maag oop te sny sodat die “gees” kan uit. Ander nasies het weer hul eie MO ens.

Heel moontlik het die slagoffer soortgelyke wonde?

Nogtans wreed en barbaars. My innige simpatie met die naasbestaandes.

Chrisjan ·

Neem kennis, VASGEBIND en nog steeds is hy doodgemaak. Moet nooit oorgee nie, veg vir jou lewe. Bemagtig jouself met kennis, bewapen jouself 24/7. Kry jou verhouding met God reg, sonder vooraf waarskuwing raak dit ongemaklik. Dis tyd!

charles ·

Die verslag lewer nie die korekte informasie nie. Die persoon wat vermoor was is die tuinier en eienaar van die perseel het hom gevind nadat onraad vermoed was. Die hele artikel is geskryf om sensasie te lok.

Adam ·

Charles indien jy korrek is, en daar is niks wat die teendeel aandui nie, laat jy darem nou die raskaart-spelers met ‘n bitter pil om te sluk. Dalk bewapen hulle nou hulle tuiniers, koop pepersproei vir die huishulp ens. Hierdie is weereens ‘n klinkklare bewys dat SA in totaliteit in misdaad verval het.

Pastoor ·

Daars geld gesteel en n wapen. So was daar nog geld oor. Nie alles gesteel nie. Hoe lyk die crime seen as daar n buitelander was en as dit n binnelander was. So die man lyk oud. Hyt geen id of bestuurslisensie niks. Wonder net die informasie op die moordtoneel hoe lyk dit ai tog erg

Tina du Toit ·

Ek kan nie help om my kop te skud nie. Ek weet wie dit was. Dit was 6 buitelanders, hulle het kluis oopgebreek en gevlug met R5000 en drie wapens. Hel, Makhubele , jy is goed jong.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.