Man op kleinhoewe geskiet

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn 33-jarige man is Vrydagaand ernstig beseer toe ʼn aanvaller hom in die skouer geskiet het tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe in Gauteng.

Kapt. Thuvhulawi Tshilate, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 20:30 op die Spaarwater-hoewes in Heidelberg-Noord plaasgevind.

ʼn Aantal mans het glo saam met hul vriendinne om die vuur gesit en kuier toe drie gewapende mans hulle oorval het en beveel het om op die grond te gaan lê. “Die man het die aanvallers gekonfronteer en is toe geskiet,” het Tshilate gesê.

“Die verdagtes het die man in sy wit Opel Corsa gelaai en hom by die Vosloorus-nedersetting afgelaai en sy motor ʼn paar meter verder gelaat,” het Tshilate gesê.

Die verdagtes het op die vlug geslaan met ʼn onbekende hoeveelheid geld.

Die beseerde slagoffer is na die Heidelberg-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om hul naaste polisiestasie te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

jan van riebeeck ·

as jy in die land nie ten all tye gewapen is nie dobbel jy

Zeus ·

Ek stem Jan. Moet nie sit en wag vir hulp van oorsee die polisie of weermag nie. Daai hulp gaan nie binne die volgende 10 jaar kom nie help julle self deur bewapen en paraat te wees.
Almal kan veilig wees.

Big daddy ·

As hulle gevang word gaan hulle parlement toe. Dis tyd dat ons onsself begin verdedig. Ons word uitgewis een vir een.

Solomon Erichsen ·

Die enigste wat die Jode in ballingskap gered het was selfverdediging. Lees gerus Ester 8:11, dis ons enigste opsie teen ,isdaad van so aard.

Cherokee ·

Wat lees jy in die berig wat jou laat aflei dat die slagoffers blank is? My afleiding is anders.

Anoniem ·

Parys Boere. Gaan lees oor wat met hulle gebeur het nadat hulle plaas aanvallers betree het en self aksie geneem het… Ek se niks verder nie.

Justice ·

Cherokee se afleiding mag dalk korrek wees – ek sien ook niks van die plaaslike GPF wat die slagoffers te hulp gesnel het nie. In elk geval `n onaanvaarbare kriminele daad ongeag die ras.

Gerhardt ·

Is hy dalk “lig van gelaat” of “donker van gelaat?Dit is hoe die mense nou beskryf word lees ek op n ander berig.Laat weet ons asb as iemand weet?

pie in the sky ·

Ag nee wat Gerhardt, dis mos sommer net “aanvaller” en “mans” in ons goeie Politically Correct SA …. Jy weet mos al? hehe

Irene ·

So moet ons sit en wag dat hulle ons aanval mag mos nie eerste optree nie

Marlene Dorfling ·

Dit is hoekom ons ontwapen is en die wapens in hulle besit gekom het, want met omtrent elke aanval het hulle wapens.

LB ·

Geen mens kan meer buite om ‘n vuur sit nie. Dis sleg om so te moet leef maar besef dit en doen dit nie weer nie. As almal net hieruit iets leer!! Mense daar word oorlog gemaak teen ons, tree op daar volgens.

Jaco ·

Was die man in Heidelberg geskiet of in Vosloorus? Hoekom hom na Heidelberg hospitaal (as hy in Vosloorus afgelaai was) neem vir behandelling as die man ernstig beseer is?

grotman77 ·

Hi Nie Alle aanvalle is swart op wit nie, ons as Suid Afrikaners moet alle misdaad haat maak nie saak wie die slagoffer is nie. Ek lees van die kommentare klink soos ons en hulle. Ons moet n slag saamstaan as alle Suid Afrikaners en n optog hou en se genoeg is genoeg want daar is slegs 10% wat wetteloosheid nastreef en ons gee hul teveel ruimte om hul ding te doen.

Nerens ·

Nou gee vir ons die regte statistieke van SWART op WIT asb. Ja nie ALMAL nie, maar kom asb en weerlê nou vir eens en vir altyd die aantygings en verkeerde indruk oor wie die aanvallers is wat daar in SA geskep word. Waar het jy al mense sien saamstaan as die moordenaars swart was? Dit is net as die aanvallers WIT was wat jy mense sien saamstaan en afbreek en afbrand.

Oom Klasie ·

Net ‘n groot gebeurtenis in S A sal die korrupsie en regering in hulle spore stuit.

Theresa ·

Wat ‘n skande dat mens nie meer om ‘n vuur kan sit op jou EIE blyplek se grond nie!!!
Mens moet waaragtig oral waar jy is spuitgoed, skokgoed en wat nog hê om beskerming te probeer bied teen aanvallers wat in groepe mense lewens en eiendom STEEL!!!!!
Sies, ek skaam my vir die regering wat nie landsburgers beskerm nie. GA!!!

HMB ·

Ek probeer weer….

Die swart mans is deur ander swart mans aangeval op n industriële tipe plot. Dit was payday, so hulle is seker maar “geskud”. Dit is nie ‘n kleinhoewe / “plasie” waar ‘n familie woon nie.

Die gewonde man is na Heidelberg geneem. Een van die ander mans se kar is gekaap en hulle het hom in Vosloosrus afgegooi.

J ·

Mooi nou verstaan ek ook Danki. Dis hoe dit gaan glad nié meer snaaks. Hoor daar is hordes kinders met angs versteurings dis net misdaad geweld ens… SOmmige volwassenes is te BESIG met ALLES kom NIKS agter maar is SKULDIG en sal eendag moet antwoord.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.