Man op kleinhoewe geskiet; verdagte doodgeskiet

plaas-polisie-veld

Argieffoto

ʼn Vermeende aanvaller is dood en ’n 55-jarige man gewond ná hy en sy vrou Dinsdag in die vroeë oggendure op ’n kleinhoewe in Springs aangeval is.

Kapt. Johannes Ramaphora, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het tussen 01:00 en 02:00 op ʼn kleinhoewe by Ermeloweg in Vischkuil, oorkant Endicott, plaasgevind.

“Daar was drie aanvallers. Hulle het eers die hond vergiftig en toe toegang tot die huis verkry deur ’n deur. Die slagoffers, Org en Martie Landsberg, het wakker geword met die aanvallers langs hul bed. Hulle het die egpaar glo gedreig en goedere geëis,” het Ramaphora gesê.

Die aanvallers het Org geskiet. “Hy het teruggeskiet en twee skote afgevuur. Een verdagte is op die toneel dood,” het Ramaphora gesê.

Volgens hom het die ander twee aanvallers sonder enige buit te voet van die toneel gevlug. “Die vrou is baie getraumatiseerd. Sy het nie gesien dat hulle met iets vlug nie, maar ons ondersoek dit.”

Die polisie is steeds op soek na die twee ander verdagtes.

Org is ná die aanval na ʼn hospitaal gehaas.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het aan Maroela Media gesê sover hul wete strek, is Org vermoedelik in die been gewond. Maroela Media verneem die aanvaller is glo by die voordeur van die huis geskiet.

Volgens Cameron is daar drie honde op die kleinhoewe vergiftig en nie net een nie.

Sake van poging tot huisroof en poging tot moord word ondersoek. In dié stadium word geen aanklagte teen die slagoffer ondersoek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Countryboy ·

Ons is al lankal reeds in n burger oorlog..die intesiteit is net nie hoog genoeg vir die wereld om regrig ag daarop te slaan nie…ons mense is keelvol en het begin om wapens ter hande te neem…vuur met vuur. dis boekom die regerig ons nou ewe skielik wil ontwapen…geskiede is het hul geleer ons is baie goeie skuts…hierdie insidente gebeur daagliks maar wag tot die intesiteit meer toeneem voor die wereld media begin ag slaan…op die stadium gooi Sirie n skadu oor Suid Afrika wat intensiteit betref…een van die dae is Suid Afrika ook wereld nuus soos Sirie…Boerevolk: staan vas en staan hard! ons is al deur 2 boereoorloe..n 3rde sal ons nie knak nie…

thinus ·

Regso Country Boy, net gister het Malema weer sy standpunt baie duidelik aan buitelandse joernaliste gestel ” ons vra nie dat wit mens doodgemaak word nie, wel nie nou nie…………..daar gaan ‘n rewolusie wees…………. in die ergste graad ”
Dit behoort heel duidelik te wees hieruit dat hy wat Malema is, en die EFF verteenwoordig, steeds die uitmoor van wit mens as ‘n opsie oorweeg! Verder behoort hierdie stelling net soveel waarde dra as “kill the boer, kill the settler” wat reeds uitgevoer word!
En raai wat, hy gaan niks oorkom oor wat hy gese het nie.
As ons net terug antwoord dat ons in so geval, onsself sal beskerm – dan sal ons van haatspraak, rassisme en aanhitsing van geweld aangekla en heelwaarskynlik tronkstraf kry.
Die ANC gaan die grondonteiening net so vrot hanteer soos al die ander sake van die land, die gevolg is noodwendig dat die burgery reg in eie hande gaan neem en die rewolusie soos deur Malema verkondig , is onafwendbaar.

Selfbeskikking ·

Dis waarom ons moet besef ons tyd is min om nog in die land te leef. Ons moet vinnig vir n stuk land onderhandel sodat ons wat nie kan emmigreer nie darm daar veilig heen kan vlug.

Sp ·

Sterkte aan die egpaar met hul traumatiese ondervinding.
Dank die Here jul is veilig.

Jan Cronje ·

Julle is besig om leuens te verkondig, ek was eerste op die toneel en weet presies wat daar gebeur het…hul intensie was nie roof nie, maar moord, die inbrekers het niks geeis nie, net op Georg geskiet, hy was nog in die bed, toe hy geskiet is, waarna hy terug gevuur het. Ek en my seun het vir Georg en sy vrou te hulp gesnel na hul ons gebel het..en hom dadelik afgevoer hospitaal toe. Die moordenaar wat geskiet is is in Georg se kamer geskiet en het weggehardloop en by die voordeur inmekaar gesak…

Lana ·

Jan, dankie vir die regte inligting. Dit maak ‘n verskil.
Bly julle was daar om te help.
Baie sterkte daar!!

Gerda ·

Dankie vir jou weergawe van die gebeure. Dis nodig dat ons moet weet wat regtig gebeur het. Dankie vir julle spoedige optrede om die mense te gaan help. Sterkte vir almal se herstel na die voorval.

Ek glo wel nie dat MM doelbewus die verkeerde gebeure plaas nie, maar haal bloot aan wat die polisiekaptein gesê het.

Morne ·

Dankie Jan. Bly jy was daar. En dankie vir die korreksie want dit word so deurgegee dat mens verkeerde afleidings kan maak.

Speedguard ·

Dankie Jan vir jou en jou seun, julle het julle lewens op die spel geplaas vir julle medemens, dit was baie gevaarlik maar baie dapper, mense soos julle is die sout van die aarde ! Baie dankie!

inligting ·

Dankie vir inligting Jan en jou hulp op die toneel wees net versigtig hoe jy jou woorde kies dit kan Georg dalk in die moeilikheid laat beland.Sterkte daar

David ·

Dankie vir die regte weergawe.

‘n Polisie beampte wat inligting so verdraai behoort aangekla te word.

Waarheid is om nie ‘n indruk te skep (probeer skep) anders as wat presies waar is nie.

HP ·

David. die polisie ondersoek geen klag van moord. Dus het hulle die man se reaksie as noodweer raakgesien. daardie oorledene kan enige plek gevind word. dit is irrelevant. DANKIE VIR GOEIE POLISIEWERK.

piper ·

transito rowe word gou bespreek. plaasmoorde en aanvalle net verdowende stilte

Nettie ·

Sterkte aan die Oom en Tannie – mag Oom gou gesond word en Tannie emosioneel herstel. Die arme honde! Mense, leer julle honde om nooit ooit iets te eet wat iemand anders vir hulle gee of wat nie in hul kosbakke is nie. Die misdadigers gee deesdae die honde “Two Step” in – ek weet nie presies wat dit is nie, maar dit is glo verskriklik vinnig en jou hond vrek voor jy nog hom by die veearts kan uitkry.

Chris Ws ·

Nettie,”two step” is ‘n gif wat boere beruik om geploegde lande mee te steriliseer voor daar sekere gewasse geplant word.Dis Temmin.(nie seker van die spelling nie)’n dier of mens wat dit in kry gee letterlik net twee tree dan val hy dood neer.Verder is dit uiters gevaarlik om so dier of mens sonder handskoene te hanteer omdat die gif deur mens se vel opgeneem word en die helper kan ook sterf.Van ‘n hond veearts toe vat is daar geen sprake van nie.Hy sal net ‘n lykskouing kan doen.Die’ gif is HOOGS gevaarlik.

Francois le Cockon ·

Hoekom het hul huisalarm hul nie wakker gemaak nie?

Hettie ·

Uit die SAP se mond sal die plaas boere wat aanvallers skiet toegesluit word ! Maak nie saak wat reg of verkeerd is nie dit is klaar besluit !

Halsbande wat vergiftiging optel ·

Iemand moet ‘n halsband uitvind ontwerp wat optel as honde vergiftig word, en die eienaar dan automaties bel of sms. Dit kan baie mense se lewens spaar.

Francois le Cochon ·

‘n “Perimeter” alarm is ‘n beter uitvindsel. Dan word nie net mense se lewens gespaar nie, maar ook hul honde s’n.

Mariette ·

Honde hoort in jou huis …..klaar kanie daar vergiftig word terwyl julle slaap

Tania ·

Waneer gaan mense leer dat honde nie buite moet wees nie maar binne. Almal weet honde word vergiftig, maar nog steeds hou hulle die honde buite!!

Naas Vermaak ·

Heeltemal reg…aaklige dood wat daai honde nou gesterf het agv eienaars se onkunde

Hoe nou? ·

Hoe nou Tania en Naas, die volgende oggend (ELKE oggend) loop jy eers jou hele plot deur vir gif voordat die honde mag rondbeweeg?

Theresa ·

Dankbaar dat die man en vrou als oorleef het.
Dankie Jan vir die waarheid. Skrikwekkend hoe feite verdraai kan word.
Hoop die man en vrou herstel van die trauma – niemand moet dit oorkom nie en tog is dit ‘n daaglikse ding in hierdie land. Skreiende skande.

Mrs H ·

Hoop die boos doeners word gevang en ook vir n verdere vyf jaar geroer vir diere mishandeling bo en behalwe die tronk straf wat hulle kry….as dit in hierdie demokratiese grap van n land sal gebeur.

Ruan ·

Met Eskom wat gaan staak en die land wat in donkerte gedompel gaanword, kan siener se gesig dalk waar word. Krag onderbrekings en massa stakings gaan die orde van die dag wees wanneer ons moeilikheid gaan begin. Rig julle oë na die Hemelse Vader. Net Hy alleen sal ons uit hierdie donkerte kan red. Ek bid elke dag vir ons land. Hopenlik doen julle ook.

Callie ·

Dankie Jan. Ons was vandag by Org. Ons as familie van Org waardeer wat julle gedoen het. Net vinnig, ek en my familie was ook al deur sulke dinge. Daar is baie, wat baie slim is met kommentaar. Voor jy nie deur dit is nie, moenie te veel kwyt raak nie

Callie ·

Lyk nie of my kommentaar deurgaan. As Org se broer, dankie Jan, hy het ons vertel van jou hulp. Waardeer dit ongelooflik. En dankie vir die ware weergawe.

Schalk ·

My kommentaar gaan reaksie uitlok by sekere mense maar hier is dit in elk geval.
Niemand wat ek ken sal iemand anders net gaan aanval en skade toedien sonder ‘n werklike rede nie. Die opvoeding van die gemiddelde mens is nie een wat vernietiging en bloedvergieting toelaat of beoefen nie. Aan alle mense wat hulle hulp vra van ons Vader in die Hemel . Dit is wat ons voorvaders ook gedoen het en daarna die wapen opgeneem het, nie om te moor nie maar om te beskerm. Bid is goed maar aksie gaan benodig word en elke gesin moet reeds voorbereid wees.
Sela

Vergiftig ·

Goeie middag almal. Ek stuur aan vir al die honde liefhebbers, wees op jul hoede, ons dierekinders is ook maar ons lewe ?❤

Met die onlangse toename in dierevergiftiging in Hercules Booysens gebied, word u versoek om u diere te beskerm deur hul in u agterwerf toe te maak deur die nag.

?Honde vergiftiging.?

Hier is inligting vanaf Prof. Gerhard Verdoorn, ‘n Internasionaal bekende vergiftiging deskundige wat handel oor vergiftiging van honde, die simptome en behandeling daarvan.

Gifstowwe wat gebruik word:
☠Aldikarb (Temik) is swart korreltjies soos poppiesaad,
☠Karbofuraan (Curaterr of Carbofuran) is blou growwe korrels soos waspoeier,
☠Metomiel (Lannate) is wit poeier soos talk of liggeel korrels
☡(Killem Super)soos ligbruin suiker.

☇Simptome is verkleinde pupille wat nie op lig reageer nie,
☇swaar asemhaling,
☇naarheid, vomering,
☇verlamming,
☇speekselafskeiding en
☇bewerasie.
⚓Indien hond gesien word giflokaas vreet, maak ‘n bolletjie so groot soos ertjie van seepoeier en gooi in hond se keel om braking te induseer.
⚓Gee daarna 10 aktiewe koolstoftablette per 5 kg liggaamsmassa met baie drinkwater
⚓plus bietjie sout.
⚓Spuit ook met 4 mg per kg liggaamsmassa Atropiensulfaat binnespiers. Hou pupille dop. ⚓Sodra pupille weer verklein spuit weer Atropiensulfaat. Herhaal tot pupille normaal op lig reageer.
?As hond reeds lê moet nie braking induseer nie maar spuit slegs Atropiensulfaat. Beste is om veearts te gebruik.
?Skakel Dr Gerhard Verdoorn van die Griffon Inligtingsentrum 082 446 8946 vir raad 24 uur per dag.
*#pasjouhondeop*

Christa ·

Ek stem . En bid almal liewers dat dit nie op jou pad kom nie want hierdie is hectic. Ons dank die Here vir wysheid in die skrikwekkende oomblikke en dat hulle nie dood is nie.
Mag my Broer en Sus heel anderkant uitkom. Ons is lief vir julle xx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.