Man op kleinhoewe geskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 52-jarige man is Woensdagoggend tydens ʼn beweerde huisroof op ʼn kleinhoewe buite Polokwane (Pietersburg) in Limpopo geskiet.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die gesin is omstreeks 05:40 vermoedelik deur vier gewapende mans in hul huis op ʼn kleinhoewe in die Palmietfontein-omgewing oorval en aangehou.

“Die groep het die gesin gedwing om op die grond te lê en op waardevolle items aangedring,” het Ngoepe gesê. “Die huiseienaar is tydens die voorval geskiet voordat die verdagtes van die toneel gevlug het.” Ngoepe het gesê dit is nog nie duidelik wat presies gebuit is nie.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het paramedici van dié ambulansdiens die beseerde man op die toneel gestabiliseer waarna hy met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Ngoepe het gesê na wat verneem word, is die man in ʼn stabiele toestand.

Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Flibo ·

Ja !!! So gaan ons nog almal uitgemoor word. Dit word net elke dag erger en erger.

Idee ·

Maroela, dit hou net aan, asseblief begin n gereelde artikelreeks waarin veiligheidspesialiste vir ons raad gee oor hoe ons onsself kan beveilig.

Gerhard ·

As jy n’ vuurwapen het dra dit…anders skaf een aan.
Kry goeie wapen opleiding (belangrik)

Jan ·

Pepersproei is goed, maar loodsproei is beter. As jy nie ‘n vuurwapen kan of wil kry nie, skaf ten minste pepersproei (omtrent R100) aan en dra dit by jou – as jy dit eers moet gaan soek is dit te laat. En – koop ‘n paar first aid dressings/trauma verbande en hou dit in jou kar en huis. Hoe meer bloeding jy kan stop hoe beter – daai R20 se stukkie lap kan die verskil maak tussen lewe en dood. As jy tourniquets en chest seals kan bekosting – nog beter.

Joe ·

Wat ek nie verstaan nie, hoe word ‘n gesin elke keer in hulle huis oorval. Geen honde,elektriese heinings, alarms. Gaan kyk maar 3/4 van hierdie moorde vind plaas by plase sonder sekuriteit. Ek se nie dis reg nie, maar word wakker mense op plase en plotte, julle is teikens en kan nie net ‘n doringdraad om jou huis he nie.

Idee ·

Dit is waarom ek elke keer vir maroela vra om ons in te lig oor wat om te doen om onsself te beveilig. Mense maak groot foute met hulle eie veiligheid.

Marinda ·

Elke dag net plaasmoorde. Ongelukkig kan almal nie alarms en elektriese heinings bekostig nie.
Ons woon self op ‘n plaas. Jy kan nie dag en nag in jou huis toegesluit sit nie. Elektriese heinings keer niemand en honde nog minder. Ons het ook al ‘n probleem gehad, en kon nie eers die SAP in die hande kry. Moes self inry na die naaste dorp om polisie te ontbied.

Robbie ·

Ons as blanke Suid Afrikaners is te pasief en ( gulable ) weet nie wat die afrikaans daar voor is nie ons is nie wake up nie want iemand anders is daar om na dinge omtesien want dit kan nie met my gebeur nie hoe verkeerd tog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.