Man op kleinhoewe vas vir ongelisensieerde wapens

Net enkele van die vuurwapens was in ‘n kluis. (Foto: SA Polisie)

ʼn Man (65) is agter tralies nadat die polisie Saterdag op sy huis op ʼn kleinhoewe buite Pretoria toegeslaan en beslag gelê het op verskeie ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het die perseel by Lusthof, naby Hammanskraal, deursoek en afgekom op 11 vuurwapens van verskillende kalibers.  Nie een van die wapens het lisensies gehad nie.

Die polisie het beslag gelê op drie gewere, ʼn haelgeweer, ʼn semi-outomatiese wapen, twee rewolwers en vier pistole.

“Die rewolwers was die enigste wapens wat ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer veilig in ʼn klein kluis in een van die slaapkamers gestoor is.  Sommige van die vuurwapens is onder ʼn matras gevind en ander in die slaapkamerkaste,” het Muridili gesê.

Sy het gesê die vuurwapens sal vir forensiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in die pleeg van enige misdryf gebruik was.

Die man verskyn Dinsdag in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andre

Kan ons die man blameer as hy wapens in sy huis aanhou? Hy bly op kleinhoewe en dalk baie gevaarlik.Die kombuis besem gaan nie veel beteken as die aanvallers toeslaan nie.

Boerin

Heel moontlik is dit wapens waarvan die wettige eienaar oorlede is en die regte stappe is net nie geneem nie.

Die Wolf

Wonder wie het nuus aangedra?

Scalla

Die reeks no s is nie afgefyl nie, dit kan mos nagespoor word, dalk boedel wapens en papier werk nog nie afgehandel nie, kry eers feite reg voor berig geplaas word.