ʼn Man (65) is agter tralies nadat die polisie Saterdag op sy huis op ʼn kleinhoewe buite Pretoria toegeslaan en beslag gelê het op verskeie ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het die perseel by Lusthof, naby Hammanskraal, deursoek en afgekom op 11 vuurwapens van verskillende kalibers. Nie een van die wapens het lisensies gehad nie.
Die polisie het beslag gelê op drie gewere, ʼn haelgeweer, ʼn semi-outomatiese wapen, twee rewolwers en vier pistole.
“Die rewolwers was die enigste wapens wat ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer veilig in ʼn klein kluis in een van die slaapkamers gestoor is. Sommige van die vuurwapens is onder ʼn matras gevind en ander in die slaapkamerkaste,” het Muridili gesê.
Sy het gesê die vuurwapens sal vir forensiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in die pleeg van enige misdryf gebruik was.
Die man verskyn Dinsdag in die hof.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Kan ons die man blameer as hy wapens in sy huis aanhou? Hy bly op kleinhoewe en dalk baie gevaarlik.Die kombuis besem gaan nie veel beteken as die aanvallers toeslaan nie.
Heel moontlik is dit wapens waarvan die wettige eienaar oorlede is en die regte stappe is net nie geneem nie.
Wonder wie het nuus aangedra?
Die reeks no s is nie afgefyl nie, dit kan mos nagespoor word, dalk boedel wapens en papier werk nog nie afgehandel nie, kry eers feite reg voor berig geplaas word.