Man op kleinhoewe vermoor

Foto: Facebook.

ʼn Man is Saterdag op ʼn kleinhoewe in die Jan Kempdorp-omgewing in die Noord-kaap vermoor.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Die voorval het glo Saterdagaand plaasgevind. Volgens Tawana is drie verdagtes ná die moord vasgetrek.

“Die man is dood in sy huis aangetref. Sy bakkie is ook verlate langs die pad naby Jan Kempdorp gevind,” het hy gesê.

Tawana het gesê van die items wat glo tydens die aanval gesteel is, is in die verdagtes se besit gevind. Die verdagtes sal Dinsdag in die Jan Kempdorp-landdroshof verskyn.

Die slagoffer is op sosiale media as Attie Jooste geïdentifiseer. Jooste is glo in die bors gesteek met ʼn skerp voorwerp.

Wiets Botes skryf op sy Facebook-blad: “Oom Attie Jooste. Ons familie gaan jou mis. Jy het vir ons baie meer geleer as wat jy gedink het. Ons gaan oom baie mis. Rus in vrede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anoniem ·

DIT HOU NET NIE OP NIE !!!!!HIERDIE LAND GAAN IN HINGERSNOOD GEDOMPEL WORD EN EK EN MY MAN GAAN TERUG PLAAS TOE WAT MOET DIE MENSE NOG DOEN ON VEILIGER TE WEES LEEUS AANHOU !!!!!!!!

RIV ·

JA maar die werker wat met die TREKKER weggery het is BAIE groter nuus nou en hulle VERVOLG nou eers sy moordenaar. My INNIGE simpatie aan nog ‘n boer wat WREED vermoor is en wie se moordenaars seker nooit sal opgespoor word nie. RIV. Plaasmoorde hou net aan en aan en niemand probeer dit van regeringskant af stop nie .. maar word daar aan ‘n WERKER gevat, boetie dan is die hele regering en landboudepartement en almal weer op AANDAG en gaan gee hulle alle ondersteuning en natuurlik ook ‘leiding’ daar sodat die maksimum straf vir die ‘wrede’ plaaseienaar uitgedink kan word.

Hanna ·

Gaan daar nou ook n “senior afvaardiging” na die boer se mense gestuur word? Nee seker nie, want die oorledene is blank. Misdaad op plase kry slegs aandag as die slagoffer swart is. Sterkte aan die familie!

PJC ·

Die enigste manier wat hierdie aanvalle gaan stop is as mense meer paraat is en aanvallers geskiet word tydens aanvalle sodat ander met soortgeliky planne kan weet wat vir hulle wag. Hierdie aanvallers verdien nie om te bly leef nie.

Deon Koegelenberg ·

Ek het dit al voorheen gese en ek se dit weer … hulle kan my maar agterna toesluit … maar as ek in die nag wakker word met n swart gedaante in my kamer dan sal ek eers skiet en agterna wanneer als klaar gebeur het die lig aansit en die polisie bel . My vraag is … Wie het hom genooi?
…wat soek hy in my huis?

Koos B ·

Deon ek stem saam.As jy doodskiet is die saak gouer afgehandel as wat jy hom lewendig in ‘n kis sit net om hom te laat verstaan hy is ‘n dief.Jy sal in elk geval dieselfde vonnis kry maar hy sal niemand weer pla nie.

Andre ·

Gaan Lebogang Maile (die Gautengse LUR Landbou en Landelike Ontwikkeling) se Noord Kaap eweknie ook die swaarste vonnis vra vir die oortreder/s as hulle gevang word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.