Man op krukke in hof ná kaping

Foto: Verskaf deur SAPD.

Een van die verdagtes wat verlede week in hegtenis geneem is ná ʼn skietgeveg met die polisie het Maandag in die Groblersdal-landdroshof verskyn.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê Aaron Ratau, die man wat met krukke loop nadat sy been vroeër geamputeer is, staan tereg op aanklagte van kaping, die besit van ʼn vermoedelik gesteelde voertuig, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie asook poging tot moord.

“Die saak is tot 27 November uitgestel wanneer Ratau na verwagting om borgtog sal aansoek doen,” het Mojapelo gesê.

Die ander verdagte wat tydens die skietgeveg gewond is, sterk nog in die hospitaal aan. Die derde verdagte, Emmanuel Maila, is tydens die skietgeveg doodgeskiet.

Mojapelo het gesê die skietvoorval het gevolg nadat ʼn 35-jarige motoris van Roossenekal stilgehou het om die drie mense ʼn saamrygeleentheid te gee.

“Toe hulle naby hul eindbestemming kom, het een van die drie skielik ʼn vuurwapen uitgeruk en die bestuurder gedwing om stil te hou. Die bestuurder is daarna uit die voertuig geboender, waarna die verdagtes in die rigting van Groblersdal gevlug het,” het Mojapelo gesê.

Die polisie is van die kaping ingelig. Hulle het vinnig gereageer en die verdagtes agternagesit. Beamptes van die polisie se taktiese reaksie-eenheid het by die jaagtog aangesluit.

“Die verdagtes is voorgekeer net voordat hulle Groblersdal probeer binnery het. Die verdagtes het op die polisie begin skiet en die polisie het teruggeskiet.”

Maila is doodgeskiet, een verdagte is gewond en Ratau het homself aan die polisie oorgegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dell ·

En dit is hoe die polisie “gevrees”moet word. Dat daar gevolge vir jou dade gaan wees. Dat jy “gelukkig”is as jy nog lewe en in die hof kan verskyn. Mooi so polisie.

HOU OP LIFTS GEE ·

Jaaaaaa kom ons gee vir VERDAGTES borg maar nie sommer net vir die KFC of Doodskis twee nie. Hoe werk die regstelsel in SA. As jy ‘n moordenaar is kry jy borgtog .. as jy iemand skrikmaak of net dreig word borgtog nie aan jou toegestaan nie .. Te eienaardig die nuwe SA … lyk my dit word deur kriminele beheer en bestuur ! Hoop die MOTORIS/bestuurder het ook nou ‘n les geleer.

Alida ·

Lees tog die berig!!! Hy het nog nie borg nie doen eers die 27ste aansoek.

Leahim ·

En hierdie naweek ontsnap hy weer krukke en al uit die aanhoudingselle en die polisie stuur n soektog van stapel gelei deur Groblersdal gewapende reaksie …..hou dop maandag se nuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.