Man op KZN-plaas aangeval

Argieffoto: Maroela Media

ʼn 65-jarige man is Woensdag op ʼn plaas buite Groutville naby KwaDukuza (Stanger) in KwaZulu-Natal aangerand toe vyf mans hom onverwags in die plaashuis oorval het.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, het gesê paramedici is vanoggend na die toneel naby die Jex-landgoed naby Groutville ontbied.

“Daar word beweer dat vyf gewapende mans by die huis in is waarna hulle ʼn vuurwapen op die man gerig het. Hulle was op soek na waardevolle items. Die verdagtes het die man ernstig aangerand voordat hulle met vuurwapens gevlug het,” het Herbst gesê.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Zwane het die verdagtes in ʼn wit Hyundai-voertuig op die plaas aangekom waarna hulle die plaashuis binnegegaan het en daarop aangedring het dat die man die kluis oopsluit. Die verdagtes het die man ernstig aangerand waarna hulle met drie vuurwapens, kontant en ʼn bankkaart in dié voertuig vort is.

ʼn Saak van huisroof is omstreeks 09:30 by die KwaDukuza-polisiestasie aanhangig gemaak, het Zwane gesê.

Die man is vanoggend in ʼn hospitaal opgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jannie ·

Bejaarde man! VYF aanvallers!!! Dapper krygers wat ons Boerseuns met oorlog dreig!!! LOL!

Brutus ·

Poging tot moord en roof!! Weereens in trop aangekom soos gewoonlik.

toy ·

Gaan kyk maar al hierdie aanvalle is dit altyd 5 of 10 wat mense aanval.

Alida ·

CR en modepop verkondig dan daar bestaan nie plaasaanvalle of moorde nie. Weet hy ooit hiervan? Wie bel hom ELKE dag in lig hom in?

Michael P ·

Niemand lig hom en modepop in nie. Hulle gee die instruksies dit is hoekom hulle niks se en doen nie.

Pieter du plessis ·

Ek wens hulle wil beter beskrywing gee van die verdagtes,aanvalle kan voorkom word as die beskrywings beter is soos ras ,kleur,lengte ,herkenbare littekens ens .

Moppie ·

Dis darem baie baie erg al hierdie aanvalle op ons mense en soos almal se kom n hele klomp, hoekom kan ons ni ons rerig met n goeie wapen verdedig wat ons kan help keer teen sulke erge aanvalle wat hul mense so erg aanrand en doodmaak !!! Waar is ons regte Law

Agie ·

Ons moet ons bewapen met die WOORD
By Bloedrivier is ‘n handjie vol boere teen ‘n oormag Zulu’s verslaan nadat die boere hul knieë in afhanklikheid voor God gebuig het.
Die boere was bewapen met ou Grietjie en ou gewere wat nie outomaties was nie. Nee daai gewere moes met los kruit, koëls en ‘n pluisie gelaai word.
Bewapen jouself met ‘n wapen en God se beloftes uit Sy Woord.
Dan is ons bestand teen die oormag.
Mag die Here ons genadig wees?

Agie ·

Tydens Bloedrivier se slag was ‘n handjie vol boere teen honderde Zulu’s. Daardie boere was bewapen met ou Grietjie en gewere wat nie outomaties was nie. Dit moes gelaai word met kruit, koëls en ‘n pluisie wat vasgestamp is. Hulle was die vorige aand in afhanklikheid op hulle knieë voor God. M.a.w. Bewapen jouself met die WOORD en ‘n wapen en GOD sal vir ons die oorwinning gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.