Man op KZN-plaas doodgeskiet

Foto: Reaction Unit South Africa.

ʼn 38-jarige plaaswerker is Maandagoggend doodgeskiet op ʼn perdeplaas op Old Mainweg in Tongaat, KwaZulu-Natal.

Reaction Unit South Africa het in ʼn verklaring gesê beamptes is omstreeks 02:00 deur ander werknemers na die plaas ontbied. “Toe ons by die toneel opdaag, kon daar vasgestel word dat vier mense in ʼn wit Chevrolet-voertuig na die oorledene gevra het,” lui die verklaring.

Luidens die verklaring was twee van die verdagtes in polisieuniforms geklee en twee in gewone klere. “Die vier mans het na die slagoffer se kamer gegaan en ʼn bakleiery het uitgebreek oor die dienste van ʼn sangoma. Die verdagtes het glo geld by die slagoffer geëis en hy het toe probeer vlug.”

Die slagoffer is drie keer geskiet, een keer in die kop en twee keer in die lyf. Die verdagtes het toe van die toneel gevlug.

Paramedici het die man op die toneel stabiliseer en hom na ʼn hospitaal gehaas waar hy later aan sy beserings beswyk het. “Volgens ooggetuies was daar blouligte op die verdagtes se motor.”

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van moord word ondersoek.

Sy het bevestig verdagtes wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, het omstreeks 23:00 ʼn huis binnegegaan en ʼn man doodgeskiet. “Hy het skietwonde aan sy arm, maag en kop opgedoen. Hy is na die hospitaal geneem waar hy later oorlede is,” het sy gesê.

Volgens haar was die oorledene glo ʼn tradisionele geneesheer.

Die polisie het gesê die motief vir die moord is steeds onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Coen Hattingh ·

Ek staan vas by my siening… misdaad we stadig maar vir SEKER veld. Hoe kank nog voordat dit TOTAAL buite beheer raak? Ek glo vas dat instromingsbeheer SONDER VERDER VERSUIM streng beheer moet word

Max ·

Daar is reeds tussen 8 en 11 miljoen in die land vir al die werksgeleenthede wat nie na China uitgevoer word nie.

En . . . ·

En dink nou net hoe sou die ‘Forensiese ballistiese register’ ‘n verskil kon gemaak het . . . (Eish!)

madels ·

Eish, om te dink die man was a “traditional healer”… wow, boere, julle vat kanse om sulke mense op jul plase te laat woon. Hulle doen rituele op jul plase en eis julle grond… julle moet wakker wees.
Dis jammer dat mense wat hulle kan voordoen as polisie sommer hierdie man doodgeskiet het.. hoe tragies vir sy familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.