Man op KZN-plaas doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn plaas in die Underberg-gebied in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn egpaar het omstreeks 01:00 wakker geword toe drie gewapende rowers hul huis op die plaas binnegekom het. “Die aanvallers het geld geëis en twee skote op die 47-jarige man afgevuur. Hy het koeëlwonde in die linkerkant van sy bors opgedoen en het op die toneel gesterf,” het Gwala gesê.

Sy het gesê die mans het met klanktoerusting, ʼn selfoon, klere, kruideniersware en ander huishoudelike items op die vlug geslaan.

“Die polisie is steeds besig om leidrade op te volg om die verdagtes op te spoor. Ons doen ʼn beroep op enigiemand met inligting om dadelik met hul plaaslike polisie in verbinding te tree of Crime Stop op 08600 10111 te skakel,” het Gwala gesê.

ʼn Saak van moord is by die Himeville-polisie aanhangig gemaak.

Maroela Media weerhou die naam van die oorledene totdat al sy naasbestaandes in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Pierre ·

Die wetteloosheid in ons land neem nou ernstige afmetings aan, ironies dat die regering hulle tans besig hou met ‘n sogenaamde suikerwetgewing wat die land se ekonomie en werkloosheid verder gaan laat sneuwel. Nerens hoor jy van ernstige wetgewing wat aangespreek word om wetteloosheid in die land aan te spreek nie. Indien dit was dat die plaasboer die eerste skoot ingekry het was hy agter tralies vir moord/poging tot moord. Hoe nou gemaak ANC

Katryn ·

Ja! Een vir een sal hulle ons afmaai! En geen anc kokkedoor sal ooit ‘n woord daaroor rep nie!! Ons sal verseker ‘n ietsie daaraan moet begin doen!!! Stilbly is nie altyd ‘n goeie antwoord nie!

m ·

Hoe is dit dat hierdie mense altyd so maklik toegang kry tot mense se huise. As jy nou op n plaas bly sal jy moet jou huis super moet beveilig.

jennefer ·

Honde in die huis, dit is te laat as mens wakker word met terroriste langs jou bed.

Chris Ws ·

Net nog ‘n statistiek waaraan die anc regime hom nie gaan steur nie.Tyd dat hul ondersteuners ook deel hiervan gemaak word . . . .

Boland ·

Nerens sien jy blanke mense in townships ingaan en mense vermoor nie.Die ding dat wit mense uitgemoor word gaan oorkook.In townships word sy vingers afgekap of hulle sort hom self uit sonder dat n haan kraai.Wat gaan ons politieke partye waarvoor ons stem doen om dit uit te sort.Stemtyd is mos nou verby.

afrikaans ·

Waar is die DA ons almal was dan so oulik om vir hulle te stem en hulle beskerm ons nie….sal volgende keer vir ander party stem. Klaar ook met die DA….ons kan nie saamstaan nie punt. Ek wil vloek…. ANC bestaan nie…..DA het ons gou vergeet

Anton ·

Afrikaans…die DA regeer die WP en sekere Munisipaliteite…nie die land of die polisie nie…

Gideon ·

Verstommend dat lewend afgeslagte donkies en lewendige skelms in doodskiste meer in die nuus is, as lewendige belasting betalers wat verbrand, opgekap en doodgemartel word!!!

Anoniem ·

Maroela noem asseblief of dit weereens nog ‘n moord op ‘n Blanke Boer is asseblief sodra julle die inligting het, of word julle aangesê om dit nie meer te noem nie?

Petro ·

Glo my dit is nie net die boere op ons plase nie , wat van ons blanke ouers wat sommer helder oordag in Pretoria vermoor word, gister weer ‘n blanke in Rustenburg doodgeskiet en dit nogal in ‘n complex. Waar gaan alles eindig????? Hulle is nie eers meer bang vir die gereg nie maar ou maat as iemand dit waag om aan hulle te raak dan is dit ‘n hengse ding of net die verkeerde woord uiter as hulle jou so tart dan is dit groot nuus want daar moet dan mos van jou ‘n voorbeeld gemaak word.

cv ·

Dit is vreeslik hartseer ons lees nou amper elke liewe dag van ‘n plaasmoord!

Jaco ·

Ek sit en dink die selfde ding Cv. Weet iemand dalk wat die aantal plaas aanvalle is vir 2017 so ver? Ek wil nie soos somige neegatiewe Afrikaners klink nie, maar mens lees elke dag van nog n aanval. Vir die familie van die oorledende Oom, mag julle bedek word onder die Vader se troos. En vir die “vermeende” moordenaar/s, die laksman kom eendag vir ons almal. Julle gaan moet kan antwoorde gee.

afrikaans ·

Dankie Anton dat jy my regwys….waardeer. Verstaan ook dat ons as mense….. is net so moedeloos. Skaam vir ons land se mense wat nie meer omgee nie, die wat omgee en respek het uitgesluit

Anton ·

Hi Afrikaans…ons sal die volgende twee jaar plus, tot die nasionale verkiesing, maar moet uitsit met wat ons het in die hopelose-korrupte-regering. Dan glo ek dat die meerderheid landgenote sal weet dat die land nie kan aangaan soos dit tans regeer word nie…en dan vir die ANC wys…dat hul wel verslaan kan word, soos by sommige munisipaliteite…sterkte tot dan…

AL ·

Die EFF is by mark scott crossley se verhoor. Nerens sien jy n wit groep in n gemeenskap wat voor n hofgebou staan wanneer swart beskuldigde in die hof is vir n wit moord nie.

Liendempers ·

AL, dis so waar, maar nou het die meeste blankes mos maar n pligsgetrou wat werk aanbetref en besef dat iemand tog die wankelrige ekonomie aan die gang moet probeer hou…….al sorg ons ook daardeur vir almal.

Maria Van Dieweeck ·

Begin hier Afriforum! As die boere veilig is, dan is dit tyd vir zupta !

Eaton ·

Vrede is belangrik. Maar vrede nie tenkoste van alles. Hoe lank sal ons nog toe kyk?

Johanna ·

Dis hartseer. die opskrifte behoort deurentyd te lees – NOG N BOER VERMOOR – Boere in ons land moet meer Sekuriteits bewus wees – die maksimum beveiliging moet aangewend word. dit is seker makliker gese as gedaan, maar dis lankal tyd. dit help nie om die politieke partye te beskuldig nie. Suid Afrika het n vrot regering in alle opsigte. ons moet ons eie oplossings vind vir n veiliger lewe in hierdie land.

wilma ·

Nerens word die boer se ras genoem nie. Moorde al so tendens op blanke boere dat almal nou al aanneem dis weer n blanke. Moord op n boer is moord wit swart of bruin of enige ras. Vergeet maar van die govt. Hul pateties. Wettelose spul

FJD ·

Ek het ook altyd gewonder hoe kom die boewe so maklik in iemand se huis in, is ons nie veronderstel om paraat te wees en met een oog oop te slaap nie en ek moes hard aan daardie gedagtes en woorde sluk – 3 weke terug is by ons woonstel direk langs my seun se huis ingebreek – die woonstel is klein maar nie ek of my man het iets gehoor nie ons het bly slaap – ek dank die Here daarvoor want my man doen eers en dink dan en ook dat hulle ons in vrede gelos het – ons tv, radio ens is gevat en uitgedra by die venster waar hulle ingekom het, die diefwering is geknip , die sitkamer is direk langs ons slaapkamer – dit lyk nou soos daglig binne en buite die woonstel in die aand daar is nou hekke en ekstra diefwering waar daar nie eens ‘n deur of venster is nie – ons lewe deur is ons versigtig en veilig – en ek het in ‘n bang mens verander – dit is iets wat ek niemand toewens nie – sterkte aan die familie van die boer wat vermoor is dit is nie maklik nie veral nie op die manier wat sy lewe geneem is nie – ek glo dat elke person wat die artikel lees en kommentaar lewer julle in hul gebede sal opdra vir krag en genade want dit is al wat julle deur die tyd sal dra.

Gevangene ·

Ja FJD ons raak gevangenes in ons eie wonings. Ons bou tralies oral tot so ‘n mate dat indien daar ‘n brand uitbreek jy nie kan uitkom. Dit is presies wat laasweek hier by ons gebeur het en die man oorlede is aan brandwonde. Hou maar die ‘kettie’ reg en bly net waar jy is indien daar geraas iewers is. Moenie sommer net gaan kyk. Wag dat hulle jou kom ‘besoek’.

Peet J ·

Dit is nie net die politieke partye wat wegskram van die kriminele situasie in die land nie maar duidelik ook die landbou organisasies wat vir een of ander rede ook ‘n lae profiel handhaaf.
Dalk lê die oplossing by VERGELDINGSOPTREDE wat deur baie instansies, ingesluit bogenoemdes asook AfriForum ( ooreenkoms met die polisie ), Burgerregte organisasie, Buurtwagstrukture, GPF; Menseregtekommissie, Kerklike organisasies en natuurlik die SAPD geimplimenteer behoort te word en so die regering behulpsaam te wees teen die optredes van plaasmoorde en ander kriminele aanvalle op ons mense.Die probleem is daar word nie vinnig genoeg opgetree nie bv. eers vingerafdrukke fotos ens . van die toneelneem wat die moordenaars kans gee om weg te kom .

Alida ·

Afrikaans jou onkunde skree ten hemele. Die DA doen nie SAPD se werk nie.

Chris ·

Dit lyk of die vermoor van boere vir die ANC ‘n Nasionale sport is.

Liendempers ·

Is daar nie erens iemand wat behoorlik somme kan maak en dan elke week op elke lamppaal berigte plaas wat dit uiteensit: 5 Boere vermoor, 120 families nou sonder pap. Duidelik het die moordenaars nog nie honger gely nie!

Isabel ·

Ons Vader en ons God. Genoeg is genoeg. Wreek ons in Jesus Naam asb. Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.