Man op KZN-plaas geskiet

Foto: Netcare 911.

ʼn Man in sy laat 40’s is Donderdag laatmiddag op die plaas Millview naby Shakaskraal in KwaZulu-Natal geskiet.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, het gesê die man is in ʼn ernstige toestand.

“Ons het omstreeks 16:00 ʼn oproep ontvang en het die man aangetref waar hy in sy Toyota Hilux-bakkie gesit het. Hy is in die regterbeen geskiet,” het Van Reenen gesê.

“Hy is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese sorg. Dit blyk dat die man deur ʼn onbekende aantal verdagtes aangeval is toe hy die plaas wou verlaat. Daar is verskeie skote op sy bakkie gevuur voordat die aanvallers in ʼn onbekende rigting gevlug het,” het Van Reenen gesê.

Volgens Van Reenen is daar na die verdagtes gesoek maar niemand is vasgetrek nie.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê hulle paramedici is omstreeks 16:15 na die toneel ontbied.

“Dit blyk dat die man, van Keniaanse afkoms, naby die plaas was toe die skietery plaasgevind het. Die voertuig het van die pad af beweeg en langs ʼn suikerrietplantasie tot stilstand gekom,” het Botha gesê.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ’n saak van poging tot moord word deur die Umhlali-polisie ondersoek.

Volgens Zwane is die motief vir die aanval onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ange ·

Dit raak soos die Wild West hier behalwe die gewone persoon se wapens is weg gevat en ons mag nie onself beskerm nie.

JC ·

En die moordbendes se slagting duur voort, en die Ministers skommel rond. Plaas dat almal na die MISDAAD situasie kyk, maar die President het nog nie eenkeer sy afkeur uitgespreek nie. Bid alleen gaan nie meer help nie, jy moet jouself nou ook beveilig en betrokke raak by buurtwagte, pvt sekuriteitsmaatskappye en bure/vriende groepies wat vorm word om mekaar in nood by te staan. Daar gaan nie een dag verby dat iemand nie aangeval word nie, en die President DRINK SHAMPAGNE. Hoop die man herstel volkome.

Jaco ·

BRING DOODSTRAF TERUG………. AS JY VEKRAG, MOLESTEUR OF MOOR IS HIER NIE PLEK VI JOU IN ONS SAMELEWING NI. OM AGTER TRALIES GESIT TEWORD KOS DIE MAN WAT SY ALI AF WERK HIE BUITE NET GELD. EK SE WEER. HANG DIE SOORT MENSE OF SIT HOM IN N ELEK STOEL. WIE STEM SAAM MY?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.