Man op KZN-plaas vermoor

(Argieffoto: SAPD)

ʼn Man (52) is Donderdagaand met ʼn mes op ʼn plaas in die omgewing van Summerveld in KwaZulu-Natal doodgesteek.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ’n egpaar is omstreeks 20:30 in hul plaashuis deur vyf verdagtes oorval nadat hulle ’n deur van die huis oopgebreek het.

Volgens Gwala was die verdagtes gewapen met ’n mes.

’n Struweling het tussen die man en van die verdagtes uitgebreek en hy is met ʼn mes doodgesteek terwyl sy vrou vasgebind is.

Die verdagtes het na die aanval met ’n televisie, twee selfone en ’n vuurwapen op die vlug geslaan.

Die polisie ondersoek nou ’n saak van moord en gewapende roof.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Alet

‘n Man…? Nie meer ‘n BOER nie ??

Yvonne

Dit is angswekkend hoe boere moet sukkel om te probeer oorleef…..nog steeds swyg die president…sjo ek wil nie in sy skoene staan die dag as daar rekenskap gegee moet word nie….tragies

Werner

As hulle jou deur afbreek moes jy al geskiet het nie in n struweling betrokke raak nie

Leon

Die opswepers, direk of indirek (lees: EFF, BLF ens) moet as medepligtiges aangekla word.
Hierdie misdadigers voldoen maar net aan die opsweping deur raserige politici.

Blomme

Onmenslik… SA is in sy peetjie.. As jy nou nie eers meer rustig in jou eie huis kan ontspan nie! What a joke of a country!!