Man op KZN-plaas vermoor

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn Man (64) is Woensdagaand op sy plaas, Tatoon, in die Bulwer-omgewing in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man se liggaam is Woensdag omstreeks 19:45 gevind. Hy het brandwonde oor sy hele lyf gehad.

“Dit is onduidelik hoe die man gebrand het en ons weet ook nie of hy alleen was ten tyde van die voorval nie,” het Zwane gesê.

Die polisie is ook onseker of enigiets tydens die voorval gesteel is. “Dit sal alles deel uitmaak van die polisie se ondersoek,” het Zwane gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van moord word ondersoek.

Die polisie het enigiemand met inligting oor die voorval gevra om die polisie te kontak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johan Pretorius ·

So duur die slagting maar voort. En niks gaan dit verander nie.

Aletta Kleynhans ·

Jy haal die woorde uit my mond… en elkekeer dink ek wie is die volgende? Dalk ek?

Adele ·

HOU OP MET KLA EN BEWAPEN EN BEVEILIG JULLE SELF. JOU EN JOU GESIN SE LEWE IS IN JUL EIE HANDE. GAAN KYK MAAR HOEVEEL HUISE NIE BEVEILIG IS NIE. MAKLIKE TARGET IS KOS VIR HULLE.

joop ·

KZN farmer dies after being set aligh.

A Bulwer farmer was attacked by a group of men and stabbed to death with a garden fork in the KwaZulu-Natal Midlands on Wednesday.

Johan Pretorius ·

ADELE, EK KLA NIE. Ek IS LANKAL BEWAPEN, REG EN OPGELEI. MY YSTER IS AAN MY EN BY MY 24/7.

Neels ·

Wonder maar net dat die Boer nou… ‘n van van sy plaas…genoem word? Huh…n man wat boer word tog n boer genoem..iemand wat tuin maak ‘n tuinier. Is iemand skaam of moontlik sensitief vir die beskrywing?

Wessel Oosthuizen ·

Ek wonder nou of die mense van Bulwer ook nou die dorp moet afbrand en al die beseghede plunder . Dit lyk my dit is hou ons nou moet optree as daar iets gebeur.

Ons as boere word uitgemoor ons kry geen droogte hulp nie so ons moet onder moeileke toestande produseer . Ons word die skuld vir als gegee maar almal eet te lekker aan die kos wat ons produseer tot die laaste een vermoor is of bankrot is of selfmoord gepleeg het dan sal hulle seke maar invoer ek wonder wie gaan dan die skuld kry .

Louise ·

Dit gaan nie meer regtig oor hoe veilig jy is en of jy gewapen is nie.
Hulle skiet jou met jou eie wapen dood, hulle sal inkom as hulle wil.
Maar ja mens moet prober net jammer die wit mens veg vir sy eie oorlewing terwyl die REGERING toestaan en kyk enn BOKOROL doen nie. Nee HOE dan ons eie PRESIDENT sing dan AMANDLA…. AMANDLA….. Kill the boer kill the farmer.
Nou wat se dit dan, weet jy dit maak my so kwaad en veral wanneer magtelose mense geteiken word soos ou mense of kinders, (skaamteloose, gewetenloses, waardelose mense)

Anoniem ·

Die feit is dat plaasaanvallers met ‘n duidelike plan hulle sagte teikens uitkies en die aanval beplan. Dis nie ‘n geval dat hulle “toevallig” op ‘n plaas beland en dan besluit om te moor nie, dus moet dit ‘n beplande strategie wees. Die groot vraag is net, wie sit daar agter? Die Regering se “traak my nie agtigheid” oor plaasmoorde laat ‘n mens wonder, maar ons kan niks bewys nie.

Vryheid ·

Plaasaanvalle het meeste van die tyd n verskuilde agenda. Ongelukkige werksmense, huishulp of net staff wat uit praat met vreemdes oor wat by die plaas aangaan en wat daar is. Wees baie versigtig wie jy indiens neem. Baie mede boere gebruik ” goedkoop” arbeid, buitelanders mense wat jy glad nie ken of kan vertrou nie. Ken jy jou werksmense het jy al hulle dokumente ID’S ensv?

Mariana ·

Wanneer gaan alle boere op plase nou begin besef dat die regering hande klap wanneer nog n boer vermoor word? Hou jou wapen aan jou sy en weet dat indien mense jou plaas betree, is hul nie daar om te kom koffie drink nie. Hul kom met n doel om te roof en te moor. Wees 24/7 op jou hoede. My hart is stukkend oor al die boere wat 1994 al vermoor is. Die idiotiese misdadigers besef nie dat hul gaan klippe vreet as al die boere dood is nie want die mense wat gaan oorneem(plakkers) stel nie belang of kan nie boer nie. Ai tog, kan hul nie maar iets soortsgelyks soos die kommando stelsel terugbring wat ons boere kan beskerm nie? Ek sal bydra tot so ‘n fonds om iets ip die been te bring….al noem mens dit iets soos beskermingsdienste vir boere…kommandos klink mos nou weer al te veel soos iets uit die “apartheids-era” en dan betoog iemand weer daarteen…

Johannes Meintjes ·

Maar het alle buurte in die Nuwe SA nou nog nie AfriForum Buurtwagte en goed deurdagte Burgerlike Beveiligingsplanne met patrollies en goeie GPF/ SAPD samewerking tot op gekoordineerde nasionale vlak nie? Of praat families en boere nie met mekaar nie? Of is die landbou kooperasie nou eintlik van geen samewerkende waarde nie? Of wil die burgers van die Nuwe SA nou maar bloei? Dit verleen immers onderwerpe vir toesprake ne berade, en gee die politieke momentum … Meegevoel aan die naasbestaandes. Betreurenswaardig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.