Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die omstandighede rondom die voorval word nog ondersoek.
“Die voorval het naby die Olimpiese swembad op die Margate-strandfront plaasgevind. Die man, in sy 30’s, is gevind met steekwonde in sy bors, rug en hande,” het Zwane gesê. “Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”
Dit is nie bekend of die man ʼn plaaslike inwoner of vakansieganger was nie. Zwane kon ook nie die man se identiteit bevestig nie.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is na die toneel ontbied, maar die man was met hul aankoms reeds dood.
Margate was altyd een van die lekkerste plekke om vakansie te hou. Daar sal iets gedoen moet word aan die misdaad, indien nie sal geen mense meer daar gaan vakansie hou nie
Maak nie saak waar in die land jy gaan vakansie hou nie. Misdaad is orals. Ek het heelwat buitelandse fb vriende wat reguit se dat Suid Afrika sien hulle nooit weer nie. Want dit is gevaarlik en morsig vuil.
Stem saam met die 2 skrywers, dit is vandat hier nie meer wet en orde toegepas word deur die onbevoegde/ korrupte regering nie.
Ek is tans in woonstelblok reg agter swembad. So sit jy en ontspan op die balkon, terwyl iemand so naby vermoor word.
Tragies. Margate was altyd ons vakansie plek. Nou is dit moord area. Ek is al 13 jaar uit die land en sal nooit weer Suid Afrika besoek nie.
Margate en eintlik al die meeste plekke om dit is niks meer lekker om te besoek nie, jy kanie eens meer sons opkoms op son sak alleen gaan kyk op die strand nie, behalwe as jy bitter graag beroof of gemoor wil word. Nou vakansie gehou in Thompson’s Bay Balito, so skoon en veilig gewees, orals is sekuriteit die strand word elke oggend skoon gemaak nie eers dat dit nodig was nie, mense stap alleen op die strand en niemand pla of hang net rond, jy kan nog gaan swem en jou goed los op die strand of as dame alleen gaan lê en sonbrand,niemand pla of geen gebedel om jou. Geslaap met oop vensters en in 8dae nie een polisie of alarm sirene gehoor nie, was regtig ‘n baie lekker tyd aan die Noordkus. Suidkus sien ons nooit weer nie.