Man op Limpopo-kleinhoewe vermoor

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 59-jarige inwoner van Northam, suid van Thabazimbi in Limpopo, se liggaam is Woensdag in sy huis op ʼn kleinhoewe naby die dorp gevind.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die man, Cesar de Sousa Lopes, se liggaam is deur sy huiswerker in die eetkamer gevind. Daar word vermoed dat hy verwurg is.

“Die man het alleen op die kleinhoewe gebly. Dit is in dié stadium nie duidelik wat alles gesteel is nie, maar sommige items word vermis en sy voertuig is ook gesteel,” het Ledwaba gesê.

De Sousa Lopes se voertuig is later verlate in Pretoria gevind. Dit is tans ook nie duidelik hoeveel mense by die voorval betrokke was nie.

Maroela Media het verneem dat De Sousa Lopes die eienaar van ʼn winkel in die dorpie was.

Die Portugese Forum van Suid-Afrika het op hul Facebook-blad hul meegevoel met De Sousa Lopes se familie en vriende betuig.

Die polisie het ʼn beroep op enigiemand met meer inligting oor die voorval gedoen om die ondersoekbeampte, kapt. Kgoshiyadira, by 078 860 0087 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie ·

Daar gaan nie èèn dag verby, wat mens niè van moord & doodslag lees, of hoor nie. Die 19de Nov was daar berigte van 3 moorde in Boksburg… Ek wil liefs niè weet hoeveel daar in die lànd was nie… Wees tog asb paraat!

RSA ·

Tewyl die media nog mag berig op moorde, moet hulle dit doen sodat ons besef wat aangaan in die land.

Dis nie meer lank nie,dan word hulle verbied on dit doen,en dis waneer die groot moeilikheid
sal begin

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.