Man op Limpopo-plaas doodgeslaan

OPVOLG: ‘n Woordvoerder van die polisie het die oorledene as Ryno Janse van Rensburg geïdentifiseer. Lees die opvolgberig hier.

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Man se liggaam is Dinsdagoggend deur ʼn werker op ʼn plaas in die Roodekuil-gebied buite Bela-Bela in Limpopo aangetref nadat hy vermoedelik buite sy huis doodgeslaan is.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die man, vermoedelik in sy vroeë 30’s, se liggaam is buite sy kombuisdeur gevind. “Die man bestuur die plaas vir die eienaar en het ook daar gewoon. Dit lyk asof hy buite vir die eerste keer by sy voertuig oorrompel en aangerand is en toe probeer het om terug te strompel na die huis toe. Hy het egter voor die deur inmekaargesak en aan sy wonde beswyk.”

Hy het gesê dit is nie duidelik presies wanneer die man oorval is nie. Hy is Maandag omstreeks 20:00 die laaste keer lewend gesien. Dit is ook nie duidelik waarmee die man aangerand is nie. “Dit lyk nie in dié stadium op die oog af asof daar iets gesteel is nie.”

Maroela Media weerhou die oorledene se naam totdat al sy naasbestaandes van sy dood ingelig is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig, maar kon nie onmiddellik meer inligting bekendmaak nie. Daar word gewag op verdere kommentaar van die polisie.

Die moord het gebeur in dieselfde gebied waar John Ramalho (84) op 24 Januarie op ʼn kleinhoewe aangeval en sy twee hondjies deur die aanvallers met potte doodgeslaan is. Die aanvallers het met ʼn haelgeweer, .303-geweer, .22-geweer en ʼn pistool, asook verskeie huishoudelike items en Ramalho se bakkie gevlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Besorgde ·

Die is sonder twyfel n Radikale Rasistiese aanslag op die Blankes wat op plase bly

AL ·

Ek stem! Net n dwaas sal nog die alternatief glo! Ons raak sitting ducks vir hulle om ons uit te moor!

Ekwilibrium ·

Die oorlog teen ons is nou in volle swang. Ek weet nie wat om te doen nie, want ek weet nie waar om aan te sluit nie. Die massas se tone krul van lekkerkry terwyl ons gedienstig gedweë afgemaai word. God, help ons!!!

Jay ·

Hoekom moet God ons help? Wees voorbereid. Help jouself. Al die wapens wat gesteel is, was tot sy beskikking. n Wapen in n kluis moet verkoop word. Dit moet by jou wees. Aan jou wees. HELP JOUSELF.

Ferdi ·

So dis nie meer net steel omdat hy honger is nie. Nou raak dit sommer net moord. ‘N DAG GAAN KOM WAG EN KYK. MAAK GEREED MY VOLK

wilna allen ·

Ai my ouboet min het jy geweet dat jy so wreed gaan sterf min het ek geweet dat gistraand my laaste telefoon oproep met jou sou wees

AL ·

My innige simpatie oor jou groot verlies. Ek kry eintlik hoendervleis toe ek jou teks lees.

Jonathan ·

Mag ek uit die diepte van my hart my meegevoel aan jou oordra Hoekom ?Waarom ? net die lendeling wat die daad gepleeg het sal weet, wie hom aanspoor om verwoesting te saai Ek was daar in smart toe my familie vermoor is Gemeenskap lyers kerk en genootskappe se woorde bied nie veel hoop nie, hulle woorde en komentaar is yl ” WE THE FARMERS / CITIZENS HAS BECOME CANNON FODDER FOR THE CRIMINAL WITH VERY LITTLE RECOURSE OR ASSISTANCE AS VICTIMS OF CRIME ” my hearth felt condolences to your family and friends

Frieda ·

My hart gaan uit na jou en almal wat vir hom baie lief was!! Dis erg om iemand aan die dood af te staan ek dink dis nog erger om iemand op so ‘n manier te verloor! Mag julle gedra word deur die tyd en jare wat volg!!

wilna allen ·

My broer was glad nie rasisties nie dit is die beste van als hy het net so hard saam sy werkers gewerk.

DD ·

Ek het nou net die link gestuur na [email protected] om te hoor hoekom hulle nie die baie moorde uitsaai nie. Dalk moet ons almal dit met al die moordberigte doen, todat hulle wel iets begin berig.

Anoniem ·

Selfbeskikking, met ons eie grondgebied, eie regering, eie veiligheidsmagte. Dis al oplossing in die land indien ons as Blankes wil oorleef en al hoe ons dit moontlik gaan regkry is om tot grootskaalse aksie oor te gaan en dit af te forseer soos wat die huidige Regering dit reggekry het.

Boerseun ·

miljoen “likes” vir MW.

Maak nie saak waar nie, gee net ons eie Swaziland of Lesothu

AL ·

Limpopo raak n gevaarsone vir boere en die gruwelike moord op daardie ma wie geskend is, sy kom ook van Limpopo

Esta venter ·

Wat sou gebeur as dit anders om was, sou almal ook dit net aanvaar dat dit net nog n plaasmoord was. Ons moet ook begin om saam te staan asb..

Alida ·

Esta gaan staan jy op ‘n punt dan staan ons almal saam met jou.

m ·

Hoe is dit dat die boere so magteloos is eweskielik teen hierdie mense. Het satan se mense nou die oorhand gekry.

Annie ·

Alles is moord op die walglikeste wyse … maar God slaap nie!!

John ·

What on earth went wrong, is devil taking over the world, my fellow South Africans please let’s stand together and fight this evil spirit, I believe we will defeat it. Everyday I read stories like this, I worry about my children’s future, love you all, have a good evening.

popeye ·

“Hulle” begin “ons” al hoe meer skuld. Dink daaraan…. eendag sal julle moet verduidelik!!!

J ·

Moord op hardwerkende mense. Here help ons asb. Verhoor asb ons gebede. Wees met hierdie onskuldige slagoffers se familie. Plaas asb U GROOTSTE Engele om elke eiendom en maak hulle sigbaar vir elke boosdoener wat op pad daarheen is. Here mense treur oor hulle mense. Here help dat Zuma en Julius tot bekering kom en U dien. Dan gaan ons n vreedsame land van melk en heuning hê. In Jesus naam AMEN

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.