Man op lughawe vas oor miljoene rande kontant

Foto: Valke

ʼn 38-jarige man is Woensdagmiddag by die Kaapstadse lughawe in hegtenis geneem nadat hy in besit gevind is van twee tasse vol buitelandse valuta ter waarde van miljoene rande.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die man, glo ʼn inwoner van Pietermaritzburg, was op pad om ʼn vlug na Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), te haal. Doeanebeampte het beslag gelê op die twee tasse waarin buitelandse valuta en rande ter waarde van meer as R10 miljoen was.

Lede van die Valke se eenheid vir ernstige misdade is na die toneel ontbied en die man is in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting vandag in die Bellville-landdroshof verskyn in verband met oortreding van die Wet op Doeane en Aksyns.

Brig. Neil Oliver, waarnemende provinsiale hoof van die Valke, het gesê die ondersoek sal aan die lig bring waar die geld vandaan kom. “Ons kan nie die moontlikheid uit die weg ruim dat ons dalk tydens die ondersoek onwettighede sal onthul nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

MM ·

Dankie vir die goeie diens – stadig maar seker word al die korrupsie en bedrog uitgeroei.

Jordaan ·

Hopelik sal die ondersoek insluit of die man enigsins met die Zuptas verbind is.

Leahim ·

Ek gaan weer vra is dit dan n oortreding om n groot aantal kontant te hê en indien so wat is groot,is daar dalk n kundige op die gebied wat antwoorde kan verskaf?

Koos1 ·

Ja dit is, daar is in enige land beperkings op hoeveel geld jy in kontant mag in en uit neem. As te veel kontant uit ‘n land gaan, kan dit die ekonomie knou.
‘n Verdere vraag is ook hoe die geld bekom is. In baie gevalle is die geld deur misdaad bedrywighede bekom en moet uit lande gaan om “gewas” te word, i.w.s wetting in omloop te kom.

Kiepie ·

Dit is wel onwettig om so ‘n groot bedrag geld op hierdie manier uit die land te probeer vat. Die regte kanaal sou wees om aansoek te doen om dit deur die Reserwe bank te laat oorplaas na buitelandse bankrekening. Daar is gewoonlik ‘n goeie (skelm) rede waarom iemand sou verkies om nie die amptelike roete te volg nie.
Verder is dit ook onwettig om so ‘n groot hoeveelheid buitelande valute in kontant in besit te hê.

Chris Ws ·

Leahim daar is niks verkeerd om baie kontant te besit nie.Maar daar is sekere beperkings oor hoeveel kontant jy uit die land uit saam jou mag neem .Ek weet ook nie wat presies die perk is nie maar die’ persoon het daai perk eerstens baie ver oorskry en tweedens het hy dit nie verklaar nie .So hy is in baie groot moeilikheid.

Koos1 ·

Kan nie die Guptas wees nie.
Hulle gebruik ‘n ander vliegtuig met hooggeplaastes aan boord en wat vanaf Waterkloof vlieg om hulle geld te vervoer!

Lientjie ·

Dis die staatskapers wat hulle geld so uit die land probeer vat. Hulle vat dit na lande toe waar daar nie maklik op hulle geld beslag geneem kan word nie, dit volgens die vorige Adjunk Jonas. Maak nogal sin wat hy se!

Boet Fasie ·

Die persoon moes SAL of een die baie direkte vlugte van Waterkloof na Dubai gevat het dan was hy nie gevang nie – ook maar lekke dom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.