Man op M1 doodgeskiet: ‘Hy is ingewag’

Foto: Twitter via @visiontactical.

Die man wat Woensdagmiddag in sy motor op die M1 in Johannesburg doodgeskiet is, was ʼn Pakistanse burger.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het Donderdagoggend aan Maroela Media bevestig dat die polisie op soek is na twee mans wat met ʼn wit Hyundai Elantra gereis het.

“Hulle het op die M1-Suid gereis en die slagoffer op die M1-Noord. Hulle het die motor aan die kant van die pad geparkeer, oor die pad gestap, die slagoffer ingewag en deur sy oop ruit losgebrand,” het Masondo gesê.

Masondo kon nie in dié stadium die oorledene se naam bekend maak nie omdat al sy naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

Hy kon ook nie bevestig of mediaberigte dat die man glo deel was van ʼn geldruilsindikaat en hy “stilgemaak moes word” waar is nie.

“Dit alles maak deel uit van die polisie se ondersoek.”

Foto: Twitter via @visiontactical.

Maroela Media het vroeër berig die man is agt keer in sy motor geskiet.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD), het Woensdagaand aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 17:30 naby die Glenhove-afrit gebeur. Die M1-Noord was heeltemal gesluit ná die voorval.

Masondo het gesê in ʼn tweede onverwante voorval is ʼn ander man omstreeks 17:45 dood in sy Tata-bakkie langs die M2 aangetref.

“ʼn Motoris het hom aangetref met ʼn skietwond en van daar af die paramedici in kennis gestel. Die polisie het nog geen verdagtes uitgewys nie,” het Masondo gesê.

Volgens Masondo is dit blote toeval dat die twee voorvalle minute uiteen plaasgevind het.

Die polisie ondersoek twee onverwante sake van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cherokee ·

Te betwyfel of die buiteland werklik weet hoe misdaad in beheer is van Suid Afrika.

christa ·

Dink Sisulu regtig buitelanders is veilig in SA? Nie eers die land se eie burgers is veilig nie

Basson ·

Dink jy hulle gee om?
Die ‘samesweerder-toerie’ stel dat hulle dit juis verwelkom / toelaat, want as alles vernietig is kan hulle finansieel baat by die chaos.

Ella ·

Ek is besig met n morbiede projek: n lys van misdaad wat ek (net) op Netnuus en Maroela lees. My lys het begin op 19 Maart toe berig is dat daar 109 plaasaanvalle was en 15 moorde was sedert 1 Januarie.
Ek skryf nou alles op van 18 April af en trek al by 200 + insidente in SA. Dan gebeur daar ook dinge wat ek miskyk of in ander koerante berig word.
Einde April gaan ek volledig tik en probeer om dit iewers te publiseer. Dalk neem Me Sisulu dan kennis.

Gerrit ·

Ek wonder of ek kan aansoek doen om n australiese burger te word as ek nog in hierdie piesang republiek bly??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.