Man op Magoebaskloof-kleinhoewe oorval

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn Man, in sy 50’s, is Dinsdag helder oordag op ʼn kleinhoewe in die Magoebaskloof-omgewing in Limpopo oorval.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê volgens inligting wat tans tot die AfriForum-buurtwag se beskikking is, het drie gewapende mans omstreeks 10:20 op die kleinhoewe toegeslaan.

Die man is in die huis vasgebind en toegesluit en die aanvallers het onder meer met ʼn televisie te voet van die toneel gevlug. Na wat verneem word, is die man nie ernstig beseer nie. Sy vrou was tydens die voorval by die werk.

ʼn Grootskaalse soektog na die verdagtes is van stapel gestuur.

Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nico ·

Vandat ek nie meer daardie afgodsding televisie in my huis het nie het die inbrake by my gestop. Ek lees nou uit die Woord na ete of luister na inspirerende preke op Youtube Christelike kanale. Al die vrees en stress weg.

san ·

NICO WIL JY NOU SE DIS AGV DIE TV WAT DIE AANVAL GEBEUR HET. AG NEE MAN. NET SOWEL KAN HUL JOU FOON WAAROP JY DIE YOUTUBE CHRISTELIKE KANALE VOLG BEROOF WORD.

Nico ·

Ek kan dit self nie verklaar nie maar ja, ek dink dis die televisie. Leef nou ‘n jaar en 6maande sonder voorval na daardie ding uit my huis uit is.

Hein ·

Nee dis nie die TV nie NICO, dis miskien God wat jou beskerm omdat jy minder tyd deurbring met die afgod en meer tyd met God

Thea Gerber ·

As dit maar so maklik was Nico. Omdat ek self op ‘n plaas woon, volg ek alle aanvalle nogal deeglik. Nog nie een keer is die televisie gesteel nie, net selfone, juwele, kos, geld en vuurwapens.
So as jou teorie reg is, moet ons ook van selfone, juwele, kos, geld en vuurwapens ontslae raak. Sal dit nie ‘n idilliese wêreld wees nie, as dit maar net kon waar wees.

BELLA ·

WIL DIE WAT SOMMER NET KOMMENTAAR LEWER SONDER OM DIE HELE STORIE TE KEN, NET SO BIETJIE INLIG OOR WAT DAAR GEBEUR HET: MY BROER WAS ALLEEN OP DIE PLAAS TOE DIE AANVAL PLAASGEVIND HET EN HY HET KALM MET HULLE IN TWEE SWART TALE GEPRAAT, MAAR HULLE HET HOM IN ENGELS GEANTWOORD EN GEVLOEK EN ONDER ANDERE GESê: “SHUTUP YOUR WHITE TRASH I WILL SHOOT YOU” EN DIE REWOLWER TEEN SY KOP GEDRUK. HY Sê DIT IS ZIMBABWIERS. WIL DIT OOK NET REGSTEL………. DIT WAS NIE NET DIE TV WAT GESTEEL IS NIE MAAR ‘N HELE KLOMP ANDER ITEMS OOK. HULLE HET SY FOON, KAMARA, TABLET, AL SY KLERE EN SKOENE EN NOG ANDER GOED GESTEEL NADAT HULLE HOM IN DIE GESIG GEKLAP, VASGEBIND EN IN ‘N KAMER TOEGESLUIT HET, SODAT HULLE GENOEG TYD GEHAD HET OM WEG TE KOM. ‘n Mens moet maar mooi dink voor jy net kommentaar lewer as jy nie op die toneel was tydens die aanval nie.

Peet J ·

Ek verstaan dat die platskerm televisiestelle (binne die skerm) ‘n sekere tipe stof bevat wat deur dwelverslaafdes gebruik word aldus ‘n gesprek met ‘n swartpersoon. Dit mag miskien waar wees sal nie weet nie.

Michael ·

Wie val die boere so aan is dit chinese,russe ,serwiërs gee vir ons die regte feite sodat ons die probleem kan aanspreek

anton ·

Jy het n beter kans om swanger te raak Michael. Nie in die land sal jy die waarheid hoor nie. Jy moet maar net raai en glo my jy sal reg raai.

Michael ·

Anton ek weet dit is net my tipe protes om die joernaliste te oorreed om die ware feite deur te gee sonder die vrees om so polities moontlik korrek te wees soos wat hulle altyd doen as die persoon wit is of is n wit persoon dan minderwaardig teenoor ander rasse.

Vryheid ·

Gee my krag soveel bog nog nie van tevore gehoor nie. Vasgevang in die wet.

marlene ·

TV of te not. Hul val jou aan as jy ‘n teiken is. Hul het dalk by informante gehoor jy’t wapens, ‘n kluis (met kontant) ens. TV’s word op pad uit, gebuit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.