Man op Margate-strand aangeval

Manaba, KwaZulu-Natal

Manaba, KwaZulu-Natal

ʼn Man is ernstig beseer nadat hy Saterdag op Manaba-strand in Margate, KwaZulu-Natal aangeval is.

“Die man was in ʼn ernstige toestand nadat hy met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek is,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Nadat hy op die toneel gestabiliseer is, is hy na ʼn hospitaal in Port Shepstone geneem vir verdere mediese behandeling.”

Volgens Botha is die omstandighede rondom die aanval nog nie duidelik nie.

Die provinsiale polisie kon nie dadelik bereik word vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anke ·

Nee wat kyk, die Suid Afrikaanse kuste sien my nie maklik weer nie!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.