Man op Montagu-plaas geskiet

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

ʼn Man van Montagu in die Wes-Kaap, vermoedelik ʼn boer, is Sondagaand in die gesig geskiet toe aanvallers hom en sy gesin by hul huis op ʼn plaas oorval het.

Volgens die polisie se inligting het die voorval ongeveer 19:15 plaasgevind. ʼn Saak van poging tot moord word tans ondersoek en min inligting is in dié stadium beskikbaar.

“Die slagoffer en sy gesin was by die huis toe onbekende verdagtes die eiendom betree het. ʼn Struweling het tussen die slagoffer en die verdagtes ontstaan waartydens die man ʼn skietwond aan sy gesig opgedoen het,” het sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, Maandag aan Maroela Media gesê.

“Die onbekende verdagtes het van die toneel gevlug en is nog nie in hegtenis geneem nie.”

Meer inligting sal geplaas word sodra dit bekend gemaak word.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kobus ·

Waneer gaan die hoed sy ore oop maak hier is n groot probleem met die plaas moorde

Jannie van Niekerk ·

O,u Hoed werk saam met die plaasmoordenaars, Hulle is sy helde

Misky ·

Ons arme boere is “sittings ducks” en aan hulself oorgelaat. Ons regering wil nie en gaan nie help nie. Ons sal moet self!!!!

Johanna ·

Was dit nou Anders was boewe al gevang. Maar plaasmoorde geniet mos NIE veel aandag NIE.

Jannie van Niekerk ·

Jy bedoel was dit ‘n ANC of EFF slagoffer was die aanvallers al klaar gevang en gevonnis,

Catherina ·

Ons wat op plase bly al moedeloos. Was ons jonger het ons by ons kinders oorsee aangesluit..

Eugene ·

Nog n’ plaas aanval. Cowboy se hoed maak hom doof en blind.

Danie ·

Ou Ramaja is die ou wat moet opstaan en praat maar wat verwag jy van n kommunis.

Nico ·

Weereens ‘n swak besluit om die saak ‘n poging tot moord is, word wakker mense hierdie is ‘n saak van moord. Hoekom word daar soveel moete gedoen wanneer ‘n lid van die polisie vermoor word, die man het gegaan om moord te pleeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.