Man op Mpumalanga-plaas met mes gesteek

mes-aanval

Argieffoto

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn 30-jarige man van Wakkerstroom in Mpumalanga Dinsdag op ʼn plaas in die omgewing met ʼn mes gesteek is.

Brig. Selvy Mohlahla, woordvoerder van die polisie, het gesê polisie is omstreeks 16:30 na die plaas ontbied, waar ʼn 28-jarige man op die toneel in hegtenis geneem is.

“Volgens ons inligting woon die slagoffer, Leon Jacobsz en die verdagte beide op die plaas. Jacobsz wou glo nie die verdagte by die plaashek inlaat nie en ʼn rusie het ontstaan. Die verdagte het ʼn mes uitgeruk en Jacobsz twee keer gesteek,” het Mohlahla gesê.

Mohlala kon nie onmiddellik bevestig of Jacobsz die eienaar van die plaas is en of die verdagte op die plaas werk nie. Jacobsz is na ‘n hospitaal in Newcastle geneem waar hy aansterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

E ·

nog ene. wanneer gaan dit nou einde kry? wil nie op n plaas bly nie, nooit nie! So tragies. Waarheen is ons oppad?

Irene ·

Jong hulle kan gewapen wees maar as dit een van ons is is daar nonsens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.