Man op N1 doodgeskiet; broer gewond

Ysterpenne op paaie. (Foto: Gautengse verkeerspolisie)

Twee broers is Maandagaand op die N1-snelweg tussen die Lehau- en Mantole-weegbrug in die Waterbergdistrik in Limpopo deur boosdoeners getakel nadat hulle vermoedelik deur ysterpenne gery en hul motorbande afgeblaas het.

Een broer is doodgeskiet, terwyl die ander een met skietwonde hospitaal toe gejaag is.

Volgens kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het die broers omstreeks 22:30 in ’n swart Opel Corsa gereis toe die motor ’n skerp voorwerp in die pad tref. Die broers het stilgehou om ondersoek in te stel. Hulle het toe gesien dat twee van hul motorbande afgeblaas het.

“Terwyl die broers die motorbande omgeruil het, het ’n groep mans uit die veld te voorskyn gekom en die broers beledig. Hulle het daarna op hulle begin skiet,” sê Ledwaba.

“Die broers het teruggeskiet en die verdagtes het gevolglik van die toneel gevlug, sonder om iets te buit.”

Die broers het tydens die skietery skietwonde opgedoen.

“Die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied, waar die 50-jarige broer met hul aankoms op die toneel aan sy skietwonde beswyk het. Die 34-jarige broer is hospitaal toe geneem vir verdere mediese behandeling.”

Die oorlede broer, wat die motor bestuur het, is as Herman Ramollo (50), ’n inwoner van Diepsloot, Gauteng, geïdentifiseer.

Die polisie versoek lede van die publiek om hulle te help om die verdagtes op te spoor. Enigiemand met meer inligting kan lt.kol. Annamarie Smith by 082 319 9336 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Shakespeare ·

Mens ry nie meer rond in Suid Afrika na 19h00 nie. Die vuilgoed kader kriminele oorstroom ons land van bo tot onder.

Pierre ·

Ja Jan pupliek gaan vang hulle, weet net nie wat dit enigsins sal help met ons vaelende regstelsel nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis oorlog daar buite. Na 21:00 moet alle passasiersvoertuie, bakkies en motorfietse op openbare paaie verbied word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis die idee. Met geen siviele mense op die paaie nie sal die drek wel uitgewis word.

Daisy ·

Ongelukkig is daar mense wat skoftte werk en beslis na ‘n lang skof gewerk by die huis wil kom.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons leef in abnormale tye. Met burgerlikes uit die pad kan jy oorlog maak.

Fran ·

Dit is omtrent soos in die laat 70 en 80 jare toe die ANC skuim landmyne op die plaaspaaie geplant het. Weermag moes elke oggend eers die paaie vee voor daar gery is. Alles het verander. Niks het verander.

Fran ·

Laat my dink aan die laat 70 en 80 jare toe die kaders landmyne op die plaaspaaie geplant het en die weermag in die oggende eers die pad moes vee voor daar gery is. Alles het verander. Niks het verander.

Barend ·

Soos Karr gesê het, the more things change the more they stay the same.

Kaal Keiser ·

Dit is jammer dat skelms meer regte het as die res van die publiek. As jy jouself wil verdedig kry jy groter moeilikheid as die skelms wat regte het…

Cherokee ·

Ek dink jy’s reg, maar dit gaan nie so lekker op die tong soos spaarwiel (savings wheel?) nie.

Kokerboom ·

Die sake beklem,toon weereens die instel van spesialis plisieeenhede asook totale omvorming van SAP

Papsak ·

Nee kyk nerens in SA is jy meer veilig nie want hierdie boewe kyk net waar hulle seer maak en moor sit n wet in wat as hulle so moor laat hulle summier lewenslank kry hierdie polisie worrie net mooi niks nie

gpsa ·

Ek blameer nie vir Cele nie. In my opinie solank die grense oop is vir die hele Afrika om net hier in te loop sal niemand wet en order kan handhaaf nie. Nie eers Chuck Norris nie.

TruthDealer ·

Glo my dis nie asof net buitelanders kriminele is en die wat hier gebore is, engeltjies is nie. Cele wou die pos hê, hy het dit aanvaar. So HY moet sy werk doen.

gpsa ·

Besef dit maar groot probleem is getalle persone is te veel vir ons ekonomie uitlanders wat nie hier hoort nie vererger die situasie. Mense wat hulle in diens neem is net so skuldig aan misdaad.

Adri ·

As misdadigers na verdienste gestraf word, gebeur daar nie sulke goed aanhoudend in ‘n land nie. Die slagoffers het waarskynlik nie bande geruil nie, maar wiele.

Duck ·

Ek het Maandag oggend werk toe gery (Atlantis) en daar was ‘n tak oor die pad, juis vir die selfde rede moet jy nie probeer stop nie, dis nou as jy kan. Manne sit en wag vir jou agter ‘n bos en val jou aan as jy uitklim. Ek kon ten minste om die tak ry, maar moes spoed verminder. Dit was in die vroeè oggend ure.

Danie ·

Daar het n polisie offisier op media gese daar nie eintlik n probleem met die tipe misdaad nie dit is al jare terug net soos plaasmoorde en ander ernstige misdaad die polisie voel vere.Moet niks glo en hulle vertrou nie.Bo blink onder s…k.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.