Man op N1 geskiet

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

ʼn Man is Sondag in die vroeë oggendure op die N1-hoofweg in Midrand, Johannesburg, geskiet.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het die man se motor teen ’n versperring langs die hoofweg naby die Allendale-afrit gestaan. Die man, vermoedelik in sy 30’s, het langs sy motor gesit.

“Die man het twee skietwonde in sy bors opgedoen en was in ʼn ernstige toestand,” het Meiring gesê. Hy kon nie bevestig of die man geskiet is terwyl hy bestuur het en of hy langs sy motor geskiet is nie. “Hy was in erge skok en kon nie vertel wat gebeur het nie. So, dit is in hierdie stadium onduidelik of hy tydens ʼn rooftog geskiet is en of daar ʼn ander motief was.”

Die man is na ʼn Johannesburgse hospitaal gehaas en ʼn saak is by die polisie geopen, het Meiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.