Man op Noordwes-kleinhoewe doodgeslaan

Guillaume Enslin. Foto: Facebook

Guillaume Enslin. Foto: Facebook

ʼn Man is Sondagaand op ʼn kleinhoewe, buite Brits in Noordwes, deur ʼn groot groep gewapende mans oorval en vermoedelik met ʼn moersleutel doodgeslaan.

Guillaume Enslin (61), sy vrou Marie (59), ʼn vriend van hul seun en ʼn werker, is almal vasgebind toe die rowers omstreeks 19:30 op die kleinhoewe in die Sonop-gebied toegeslaan het. Jacques Enslin, die egpaar se seun, het Maandag aan Maroela Media gesê sy pa was glo buite die huis toe die rowers hom oorval het.

“My pa was buitekant toe hulle hom oor sy kop geslaan en in die huis in gesleep het. Hulle het my ma, een van die werkers en een van my vriende, wat daar bly, vasgemaak en ook aangerand,” het hy gesê. Hy vertel hulle het Guillaume herhaaldelik met ʼn stomp voorwerp oor sy kop geslaan en hy het op die toneel aan sy beserings beswyk. “Ek weet nie watter voorwerp dit was nie, maar ek het gehoor die polisie noem dit was ʼn moersleutel,” het hy gesê.

Volgens Jacques het die ander slagoffers ernstige kneusplekke opgedoen nadat hulle ook geslaan is, maar hulle was gelukkig nie ernstig beseer nie en paramedici het hulle op die toneel behandel. “Hulle is nie seker presies hoeveel aanvallers daar was nie, omdat hul gesigte toegemaak is tydens die aanval. Maar hulle dink dit was tussen sewe en tien aanvallers.”

Jacques het gesê die aanvallers het met verskeie waardevolle items wat selfone, skootrekenaars, televisies, ʼn motorfiets en ʼn Nissan Navara-bakkie insluit, op die vlug geslaan. Hy het gesê sy vriend kon later daarin slaag om homself los te wikkel en het na ʼn nabygeleë winkeltjie gehardloop om hulp te ontbied.

“My ma is nou by my broer. Dit gaan oukei met haar, maar sy is natuurlik nog erg geskok,” het hy gesê. Hy het gesê sy pa het op klein skaal geboer en was ook betrokke by ʼn winkel wat kompos verkoop.

Die plaaslike polisiewoordvoerder het teen Maandagmiddag nog nie van die voorval geweet nie en Maroela Media wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Elize ·

Nog n moord op n wit boer!!!!!! Malema se onderdane is gehoorsaam. Doodstraf, doodstraf, doodstraf

Max ·

Snaaks, dit word nie gemeld dat dit Malema se onderdane is nie.

Elsie ·

Ja jy kan moor net soos jy wil moet net nie ander mense name noem nie!!! Malema sit beslis agter al hierdie moorde maar hy sal daarmee wegkom. In S.A. is dit elkeen vir homself want die regering sorg net vir hulself. Hulle is so besig om hulle te vergryp aan geld dat hulle verder niks sien of hoor nie.

Daleen ·

Gerieflik vir die polisie om nie daarvan te weet nie, want hulle wil nie weet nie. Dit gaan ‘wonderlik’ in hierdie land van ons!

Baie sterkte aan die familie

Kabous ·

My vrou se neef is ook die naweek op hul klein hoewe naby Lanseria deur n groep mans in sy huis aangeval en koelbloedig doodgeskiet. net n slefoon en sy handwapen is geneem in die misdaad. Hoekom moet dit so aangaan…

Ertjie ·

Wees gereed, leer hoe om wapens te gebruik en om saam te bly, nie te min mense op een perseel nie.

Adri ·

Rus in Vrede Oom Guillaume :-( ….dit was ‘n groot skok toe ek vanoggend vroeg die oproep kry…

lokasievark ·

Wens dat ons vriendekring da was wens dat ons die aand by die oom gekuier het……ons is n groep van vyftien biker vriende….wonder maar net waar ons almal toegesluit sou gewees het want dit is al wanneer die polisie werklik gou optree….bid vir die familie en my oom jy is n ware held glo jy het almal om jou probeer beskerm. Mag jy in vrede rus

Voorlaaier ·

Nog i moord in Brits!..Wat gaan aan i daai verotte klein dorpie??….

MariaM ·

Hierdie “verotte klein dorpie” moet boer dat die volk kos kan he om te eet !

Asjas ·

Sundra in Mpumalanga? Vyf moorde in een maand? Ek wens die probleem was net in sekere dorpe maar dit is ongelukking reg oor die land en altyd wit mense.

Alida ·

Voorlaaier jy dink jy is baie smart. Brits het baie vooraanstaande boere wat kos voorsien. Dink daaraan as jy vanaand n bord kos met vars groente eet. Elke dorp het sy snaakse mense wys my een waar hulle nie is nie. Weet jy ooit waar Brits is?

Theresa ·

Dorpies is nie verrot nie, Voorlaaier – dis die mensdom wat ‘n plek laat verrot. Daar is ‘n pes los. Die pes is moordenaars. Dit het ‘n ongelooflike effek op elke landsburger en elke mens wat nie aan moordpleeg glo nie. Die emosionele trauma van elkeen wat dit hoor, lees, beleef is baie erger as wat mens besef. Mens kan duidelik agterkom dat meeste van die moorde gedryf word. Mens voel bang, maar moet vertrou. Mens wil nie meer onnodig rondry nie, maar moet vertrou. Mens wil vakansie hou, maar voel onveilig en onseker – maar sal moet vertrou. Innige medelye met die families wat sover (dis al duisende hierdie jaar) iemand kosbaar aan die dood afgestaan het.

Martie ·

Besef ons ooit hoe belangrik dit is om 24/7 voorbereid te wees op ‘n aanval? Dis oorlog en ons besef dit nie. My innige simpatie met almal :(

So onregverdig ·

Dit is net so totaal onregverdig, almal het reg tot lewe, geeneen mag iemand se lewe neem nie.

Skokkend ·

Watter ras was die aanvallers? Waar is die ANC en MRK en DA se verteenwoordigers nou? Hulle sal nie eers simpatie uitspreek teenoor die afgestorwene se familie nie .. geen aanhitsing, geen fotos van poppie op pale, of mans met klippe nie, net nog ‘n blanke boer is vermoor. Hoekom die man doodslaan as hulle net wou steel? As hy vasgebind was soos die ander sou hy tog ook niks kon doen nie. Dit is die aanhitsing deur die EFF en ander politieke leiers wat die GEVOLG is van hierdie aanvalle.

Andre ·

Soos die moordenaars die klein ongeregtighede wat blankes aan hul doen aan die grootklok hand en die media vir hul rassistiese ideale gebruik, moet ons as blankes dit wat met ons boere en blanke gemeenskap gebeur op al wat sosiale media platforms plaas met soveel moontlik detail. Ons moet sorg dat die wye wereld hiervan hoor met grafiese detail. Ons behoud gaan wees om die buite wereld in te lig oor die volksmoord wat in ons land aangaan. Ek dink nie mense in ons land besef hoe erg dit werklik gaan nie. Sterkte vir die gesin familie en friende. Baklei nou terug!!!!!

Mhlato ·

Andre, die buite wereld voel vere vir ons, dit is juis deur hulle toedien (sanksies) dat ons in die gemors is.

Ampie ·

Die berig noem nêrens die ras van die aanvallers nie. Dit lyk op die foto of die vermoorde man ‘n blanke was. As ons aanneem dat die 7 tot 10 aanvallers wat die man met brutaliteit by sy eie huis vermoor het (met simpatie aan die fanilie) swart is, hoekom word hierdie swart of wit aanval op ‘n weerlose bejaarde nie ook in die nuus, koerante en selfs op oorsese TV uitgesaai nie? Dis dan ‘n rasse misdaad. Hoewel heelwat meer brutaal as die onlangse geval waar ‘n oortreder deur twee mans in ‘n kis gedruk is? Die verskil is die arme man is vermoor. Maar die wêreld is stil. George Orwell: “In the times of universal deceit, telling the truth becomes a revolutionary act”.

Willem ·

Die media-kode is soos volg: As die ras nie vermeld word nie is dit swart. Logies. As dit ‘n witman was wat ‘n filistyn laat verhuis het sou die feit dat hy wit was prominent vermeld word.

Chris Ws ·

Ons innige simpatie met die vrou en familie met hierdie beplande moord.As ons mense net wil uitvind wat die woord PARAAT beteken en wat dit verg om 24/7 PARAAT te wees sal hulle sulke aanvalle grotendeels kan afweer.Maar wat,”dit gebeur mos nie met ons nie”. . . Word wakker blanke Suid Afrikaners!Ons bly nie in Disneyland nie!

JC ·

Dankie Chris-die beste raad wat ek nog ooit op Maroela gesien het, sonder enige gekla of ‘n geween en gekners van tande:-)
Jy stel dit so eenvoudig en helder, d.i. presies WAT gedoen moet word.

Patat ·

Dis goed so. Maak aanvallers bitter bitter seer dat hulle nie ons meer as sagte teikens sien nie.

Mielie ·

Ek is so woedend en g@tvol vir hierdie land waar ons elke dag vermoor en beroof word. Ek word beskou as ‘n derderangse burger. Indien ek jou raad volg gaan ek en jy in elk geval toegesluit word soos die ouens van Parys. Ons word soos skape ter slagting gely en niemand maar niemand doen iets daaraan nie. Waar gaan dit eindig ?

Wilna Joubert ·

Rus in vrede Guilome. Jy het nie verdien om vermoor te word nie. Gister was klein Guilome en jou kleinseun by ons en toe wou Chris weet hoe gaan dit met julle. Min wetende dat jy dieselfde dag vermoor sou word. Ons as Boere gaan uitgemoor word as ons nie gaan begin saamstaan teen die plaasmoorde, verkragtings, ontvoerings en diefstalle nie. Die motor kaapings raak ook nou erg en ek vrees al as ek net winkel toe moet ry om kruideniersware te gaan koop. Sterkte aan sy vrou en kinders en familie.

Belaglik ·

Dink ek praat vir soveel gat vol Suid Afrikaners… Wat in die land aangaan is verby belaglik!! Da word vreeslik aangegaan oor ‘n FB post deur ‘n wit vrou wat na my mening wel onnodig was maar wragtig ook nie so erg is nie… Die 2 mans wat die swart man in die kus gedruk het.. JA dit was onnodig maar dis elke liewe dag nuus, selfs oor tv nuus….MAAR my punt bly staan… Hoeveel plaas aanvalle of moord op wittes of aanrandings op wittes of haatspraak teen wittes word ooit publiek? Hoeveel van daai moord hofsake hoor ons ooit enige uitkoms van?? Nee jy lees die berig hier en hoor nooit weer iets daar van nie… Wat van die EFF leier wat uitblaker hoe boere vermoor moet word… Nie te lank terug op FB het ‘n swart man gepos oor hoe wit mans geslag gaan word, wit vroue verkrag en kinders verbrand gaan word… in my mening is DIT baie erger haatspraak as wat die wit vrou gepos het.. Het da iets van dit gekom? Was dit Maroela nuus of Tv nuus? Neeee!!! Al wat ons oor het is ons geloof en VERTROU in God om oor te vat!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.