Man op Noordwes-plaas geskiet

plaashek-pexels

Foto: Pexels

’n Man is Maandagmiddag op ʼn plaas, Rooikuil, in Hartbeesfontein in Noordwes geskiet.

Volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, is die man 62.

Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die voorval het omstreeks 16:00 plaasgevind.

“Daar word beweer Kallie van Heerden was buite die huis by die motorhuis toe drie onbekende mans hom oorval het. Hy is in sy lyf geskiet, en sover ons kennis strek is hy na Wilmed Park Hospitaal in Klerksdorp gehaas,” het Botma gesê.

Cameron het gesê Van Heerden is deur die long geskiet.

Volgens Botma het die drie aanvallers te voet van die toneel gevlug met drie vuurwapens.

Die man was alleen by die huis ten tyde van die voorval. “Sy vrou was nie in daardie stadium tuis nie.”

Die polisie ondersoek sake van huisroof en poging tot moord.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Buiteland ·

Die buiteland moet uitvind en in grafiese detail sien hoe die regering ons viktimiseer.

Dink Self ·

Buiteland gaan niks weet tensy maroela ook in Engels berig gee nie. Ooit gehoor van “preaching to the choir”.

Mathilda ·

MM hoef nie in engels te berig nie, daar is engelse koerante wat berigte plaas en wat deur die buiteland gelees kan word. Hou MM nes dit is – vir ons eie Afrikaans se behoud.

Renée ·

Die oom is 4 keer geskiet lè in Ancron hospitaal nie Wilmed hospitaal nie…operasie is op oom Kallie uitgevoer tans in ICU.

Shaun ·

Nou gehoor oom kallie is stabiel en is in ancron klerksdorp nog niemand in verband vas getrek nie maar dis drie nie blanke mans wat glo vir oom kallie gewerk het. Mense hou die oom in julle gebede asb

Bok ·

Julle mense verstaan dit nie reg nie.
Hulle wou oom Kallie net skrik maak!!!

Hartbeesfontein ·

Bok jys reg ek verstaan nie ….skrik maak HOE en on watse rede om hom 4 keer teskiet help my asb

Yankee ·

Plaasmoorde, trompop botsings, kinders wat hul gesin uitwis, mans wat hul vrouens vermoor, kind wat sy girlfriend en maatjie ophang, wat de hel gaan aan met julle!!!!!!!!!

AfrSpanje ·

@Yankee, en dan nog ouers wat hul kinders doodskiet en dan hulself. Daai land is besig om bitter vinnig die agterkant van die wereld te word.

Chris Ws ·

Yankee en AfrSpanje julle twee weet duidelik niks van wat in ‘n land soos die VSA aangaan nie!En dis ‘n BESKAAFDE land!Lees bietjie koerante en kyk oorsese nuus op tv en julle sal besef ons volg maar net wereld tendense.

Chris Ws ·

Aaan oom Kallie wens ons alle sterkte toe.Mag ons Vader u dra en weer volkome laat herstel. Aan die SAP – doen vir ‘n slag jul werk!Vir almal in die Hartbeesfontein omgewing,wees op en wakker asseblief en bewapen julle.

Coolaid ·

Cool, jy hoef nie ‘n plaas aan te val nie. Die SAPD kantore staan wawyd oop en een van die dae is dit “guns in transit” rooftogte ook.

H. Stoltz ·

Dis tyd dat beriggewing moet aandui wie die aanvalle (op boere, maar ook alle ander landsburgers ) loods (die ras), want as ons dit nie by die naam noem nie sal ons altyd “opgestry” word – en ek noem dit juis in aanhalingstekens – oor wie die oortreders was. ‘n Tyd terug het ‘n polisie “hooggeplaasde” weliswaar gese dat daar bestaan nie so-iets soos plaasmoorde nie, want hy lees dit nie in die koerante nie. Dis presies wat hy gese het en ek het ook daarop kommentaar gelewer op ‘n ander forum.
Ek is nie ‘n politikus nie, maar organisasies soos Afriforum, Solidariteit en selfs die DA (wat derduisende blanke aanhangers het wat DA stem) met die hoop dat daar na hul ondersteuners (blank en nie-blank) se belange omgesien sal word, be-ywer hulle (hoop ek) vir ‘n regverdige bedeling in Sui-Afrika en daarom dink ek hulle behoort direk te wees met hul beriggewing oor wie die aanvalle op boere spesifiek – en ook ander landsburgers – in die land doen, sodat daar nie meer “ontkenning” kan wees oor wie die moordenaar/rowers/diewe/geweldenaars is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.